Goedkoop populisme is nie die antwoord
NAMIBIESE PATRIOTTE SKRYF:
Geagte leiers van die Landless People's Movement (LPM)
Ons skryf hierdie brief as patriotiese Namibiërs van die Suide. As passievolle ondersteuners van 'n vooruitstrewende Namibië en al sy mense wil ons ons perspektiewe en bekommernisse met die LPM en sy leierskap deel. Gegewe ons politieke landskap, is baie van ons kommentaar egter van toepassing op alle politieke partye.
Ons glo dat die LPM die potensiaal het om 'n belangrike bydrae tot die toekoms van ons land te maak. Ons glo ook die LPM het die potensiaal om relevant te wees in ander streke, aangesien dit in 'n baie kort tyd uitsonderlike vooruitgang gemaak het in die ||Kharas- en Hardapstreek.
Ons is oortuig dat die LPM in die volgende verkiesings sterker kan wees, mits hulle hulself bewys deur uitstekende diens in die plaaslike owerhede en streke te lewer waar hulle die meerderheid stemme gewen het. Op nasionale vlak sal hulle moet konsentreer op probleme waarmee kiesers worstel en dit daadwerklik aanspreek deur deeglike navorsing en werkbare en realistiese oplossings.
In 2017 het mnr. Swartbooi bewys hoe toegewyd hy tot sy beginsels is toe hy geweier het om sy uitlatings oor die destydse minister van grond terug te trek. Dit het hom sy adjunkministers- en parlementêre pos gekos. Sy beginsels was vir hom belangriker as 'n gerieflike pos met al die gepaardgaande voordele en status.
Dit het kiesers beïndruk, want dit is wat ons van ons leiers behoort te verwag. Dit is ook wat kiesers oor verskillende etniese grense vir mnr. Swartbooi en die LPM laat stem het. Hul beginsels het hom en mnr. Seibeb ook uit Swapo laat bedank.
Verder is die LPM-leierskap nie bang om kontroversiële sake reguit aan te spreek nie. Politieke korrektheid het in ons tyd in sekere opsigte belaglike afmetings aangeneem, en “to speak truth to power” is die uitsondering en daarom trek dit die aandag van kiesers.
BRON VAN KOMMER
Twee onlangse voorvalle maak ons egter erg bekommerd oor die manier waarop die LPM se leiers hul “waarheid” spreek.
Die twee voorvalle is: 1) die uiters onaangename debakel in Maart 2021 met die adjunkminister van verdediging, me. Hilma Nicanor, en die persoonlike beledigings teenoor haar wat oorgekom het as 'n algemene disrespek teenoor vroue; en 2) die gebrek aan dekorum en swak gedrag na die president se staatsrede op 15 April 2021 wat tot hul tydelike verbanning uit die NV gelei het.
Sulke gedrag saai twyfel oor die politieke volwassenheid van die LPM om ons in die hoogste instelling in die land te verteenwoordig. Die boodskap wat julle wou oordra, word heeltemal uitgewis deur die gedrag. Dit kan potensiële en selfs getroue ondersteuners vervreem, en gebaseer op kommentaar in die media, is dit besig om te gebeur.
Leiers mag miskien vervlietende skynroem ervaar deur onaanvaarbare openbare gedrag, maar groter politieke bewustheid en meer kritiese kiesers, asook exposés deur die media en blootstelling deur sosiale media, lei daartoe dat ons nie meer so maklik geflous word nie. Al meer kiesers begin besef dat komplekse kwessies nie deur ligsinnige, hulpelose, oningeligte, onvolwasse en selfbehepte leiers aangespreek kan word nie. Die “bul-in-die-glaskas”- benadering is basies 'n foefie om aandag te trek
ROOKSKERMS
Populistiese uitsprake en optredes is gewoonlik niks meer nie as rookskerms om die gebrek aan insig, aksie en oplossings te verdoesel. Dit is baie makliker om met niksseggende populistiese slagspreuke as om met weldeurdagte en sinvolle strategieë en oplossings vorendag te kom. Ongelukkig ly alle partye aan hierdie kwaal.
Populisme bekoor mense aanvanklik (dink maar aan Julius Malema en sy rooi brigade en Donald Trump), maar moeilike sosio-ekonomiese omstandighede en Covid-19 laat vinnig die skille van baie kiesers se oë val.
Ons wil glo die LPM-leiers is intellektueel, emosioneel en polities vaardig genoeg om verskille professioneel en gebaseer op feite aan te spreek. Dit behoort dus nie nodig te wees om die wat van hulle verskil persoonlik aan te val, te verneder of te beledig nie.
Ons kan almal baie leer uit wyle Nelson Mandela se waardige voorbeeld hoe om met opponente om te gaan: altyd hoflik, respekvol en bereid om te luister. In die verband het aartsbiskop Desmond Tutu gesê: “Don't raise your voice, improve your argument.”
Joseph Farrell het gesê: “If you go in for argument, take care of your temper. Your logic, if you have any, will take care of itself.”
Ons wil glo dat die LPM-leiers baie meer kiesers agter hulle kan verenig deur hulself met waardigheid te gedra; hul standpunte onverskrokke en met oortuiging maar respekvol oor te dra; te fokus op die kwessies wat hul ondersteuners en alle Namibiërs se lewens negatief raak; en met weldeurdagte planne Namibië op 'n doelgerigte ontwikkelingspad te sit.
Die grootste leemte in die huidige regering is dat gewone Namibiërs ten koste van sekere elites benadeel word en dat beleidsrigtings net vir die gerief van die regerende party en die elite ontwikkel en toegepas word.
FEITE EN OPLOSSINGS
Ons wil ons nie skaam vir ons leiers op nasionale en internasionale vlak nie. Namibië moet ontwikkel word rondom die beginsels van eenheid, respek en diensbaarheid eerder as selfverheerliking en boeliegedrag. Oortuig ons met feite en weldeurdagte argumente. Moenie die menswaardigheid van ander vertrap deur ligsinnige, kinderagtige en onvolwasse persoonlike aanvalle nie. Emosionele uitbarstings is nie aanvaarbaar nie.
Genoeg is genoeg – ons soek verandering na 30 jaar van soortgelyke optrede. Ons soek 'n nuwe, waardige en beginselvaste leierskapstyl. Anders verander net die gesig van die onderdrukker.
Ons is moeg van sinlose retoriek, vingerwysing, flou verskonings en leë beloftes. Ons verwag 'n meer inklusiewe benadering tot voordeel van alle Namibiërs, want dit sal kiesers verenig. Ons verwag in diepte navorsing en analise oor die probleme wat ons verdeeld en arm hou, en robuuste debatering oor werkbare oplossings.
Bowenal verwag ons dat die leiers wat ons verkies het hulle met die nodige waardigheid en dekorum sal gedra wanneer hulle namens ons optree.
Ten slotte (en dit geld sekerlik vir alle ander partye ook). Doen waarvoor die kiesers julle verkies het, of baie van hulle gaan nie weer vir julle stem nie. En dis nie 'n leë belofte nie. Ignore the voters at your own peril.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie