Goeie mengsel talent beloof topprestasies

Die genooide uitsoekatlete sal in verskeie kragmetings moet uithaal vir hul nasionale titels.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Atletiek Namibië (AN) se senior nasionale atletiekkampioenskap vind môre en Saterdag by die Onafhanklikheidstadion in die hoofstad plaas waar nagenoeg 120 genooide mans- en 80 vroue-atlete (insluitend gestremdes) in aksie sal wees.

Iemand soos Ryan Williams sal ná AN se onlangse blaps tydens die Grand Prix-byeenkoms sake wil regstel deur sy nasionale diskus­gooirekord (53.92 m) opnuut te verbeter.

Hoewel 'n staalmaatband beskikbaar was, het AN-beamptes 'n plastiekmaatband gebruik om Williams se gooi twee naweke gelede in die hoofstad op 56.70 meter te meet. Vanweë die beamptes se misstap is die afstand nie erken nie, maar Williams is ooglopend goed op dreef en Saterdag wink die 60 meter-merk om vir almal tong uit te steek.

Die 100, 200 en 400 meter naellope behoort opnuut vuur onder die mededingers te maak. Sandro Diergaardt, Jesse Uri-khob, Ernst Narib en Even Tjiviju kan mekaar tot beter tye aanspoor en sal siggestremde atlete soos Johannes Nambala asook Ananias Shikongo vir toptye aanmoedig.

Ivan Danny Geldenhuys, student in Pretoria, sal vir die 200 en 400 kom aantree en Narib sal dus in beide items sy treë moet ken. Narib het twee weke gelede 46.92 sekondes in die Grand Prix by dieselfde baan aangeteken. Dié tyd voorspel beslis 'n interessante tweestryd tussen hom en die jeugdige Geldenhuys, wat reeds die oudste Namibiese rekord in die boek (46.14 in die 400 deur Daniel Haitembu in April 1980 in Bloemfontein) in sy visier het.

Sandro Diergaardt het in laas naweek se verspring met 'n stewige sprong van 7.70 meter gewys dat hy nie lus is om sy nasionale titel prys te gee nie, met die tweemalige Olimpiër Stephan Louw se rekord (8.24 in 2008) wat as 'n uitdaging voorlê.

By die hoogspring is Wencuslaus Klaasman onder druk om weer sy beste peil te bereik, nadat Emmanuel Samuntu hom in Windhoek met 2.10 m geklop het.

Beatrice Masilingi, Namibië se nasionale rekordhouer in die 400 meter en vinnigste o.20-vrou ter wêreld in 2020, sal ook die naweek in Windhoek hardloop. Sy behoort aan die 100, 200 en 400 deel te neem.

Haar afrigter Henk Botha sê vanweë die stand van haar oefenprogram moet “geen vuurwerke” van haar in die 400 verwag word nie, maar die nasionale titel is selfs teen driekwartpas so goed soos hare.

Dis glo egter in die 200 dat die blits van Grootfontein Agri Kollege haar beste wil gee. 'n Buitengewone tyd is moontlik en in die 100 gaan sy beslis ook haar merk maak. Daar is nie 'n atleet in die land wat Masilinga tans kan tem nie en met kwalifisering vir die 2021 Tokio Olimpiese Spele binne haar bereik, sal sy die moeite werd wees om te sien hardloop. Veral oor die korter afstand sal Jolene Jacobs egter gewis ook nie slaplê nie.

Uit die noorde word ook gefluister oor 'n nuwe jong verspringhoop wat Saterdag 'n uitdager vir Natalie Louw van Triomf-klub sal wees. Hoewel Masilingi se skoolmaat Christene Mboma (net 17) eintlik vir middelafstande bekend is, spring sy glo gemaklik oor die 5 meter.

Afkortings: spiesgooi (SG), skyfwerp (SW), gewigstoot (GS), verspring (VS), driesprong (DS), hoogspring (HS), paalspring (PS).



Die genooide atlete:

VROUE, BAANATLETE

Naellope: Queen //Gom-Kaises, Cleopatra Horases, Jandia van Wyk (100). Semonea Riet, Uui Uandara, Lilanie Klaasman (200). Ester Hailonga (T), Elizhia Alberts, Zaylette Block, Asser Kandonga, Elizabeth Uunona, Rosalia Ndara (400). Beatrice Masilingi (100, 200, 400). Jolene Jacobs, Hanganeni Fikunawa, Johanna Ludgerus, Jade Nangula, Mbaandja Humavindu, Ndawana Haitembu, Zemburuka Kangumba (100, 200). Nandi Vaas, Linda Inga­shipola (200, 400).

Middelafstande: Ingrid Nderura, Alma Namupala, Radegundus Gustav, Victoria Shapwa, Peneyambeko Titus, Paskalia Silas, Indileni Shihala (800). Tarietha Watson (1500). Ester Haitope, Rauna Eelu, Salmi Nduviteko (800, 1500). Lovisa Kauhonwa (800, 1500, 5000). Indileni Mweshamekange, Shiivomwene Shilongo, Beata Jeremia (1500, 5000). ­Kaleninasho Matana (3000). Ndakulilwa ­Nghishoongele (5000). Cindy Huber (400, 400 hekkies, 800, 1500). Tuuliki Angala (400, 1500).



VROUE, VELDITEMS

Adri van der Merwe (SG, SW). Ida Smeer, Meagan-Louise Le Roux (HS). Whitney Daniels (HS, DS). Cay-Lee Cloete, Frieda Iithete (F), Natalie Louw (VS, DS). Silvia Shivolo (F), Martha Haitekalute (F), Demi Louw, Chriselda Jenkins, Mianey Botha, Karina Prinsloo (GS, SW). Fabiola Rukoro (VS, SG). Hella Kuppe (meesters), Tuané Silver (GS, SW, SG), Karlien Botha, Linia Waandya (SW, SG). Lara Hanstein, Meriam Minin (HS, VS). Penny Linus, Theresia Nambabi, Jamey Bruyns, Jame van Wyk (VS). Virginia Kujendeka (GS, SG). Joolokebi Hamunyela (F), Wilmé Els (SG).



VROUE, BAAN- EN ­VELDITEMS

Jane Hattingh (100, SG). Porche Botha (100, DS). Globine Mayova (100, VS). Chris­lene Klein-­Nienaber (100 hekkies, HS, VS). ­Christine Mboma (200, 400, 800, 1500, VS). Silba Tjin­gaete (200, VS). Xu Huber (100, 100 hekkies, 400, 400 hekkies, SW, SG). Ze-zane Lewin (100 hekkies, DS). Lahjia ­Ishitile (para 100, 200, 400, VS). Ester Hailonga (para GS, 400).



MANS, BAANATLETE

Naellope: Cecil Namene, Elvis Gaseb, Even Tjiviju, Gregor Appols (100). Konrad Theron, Galvin Balzer, Warren Goreseb (200). Cassy Theofilus, Kenneth Tities, Onesmus Nekundi, Jesse Uri-khob, Sydney Kamuurumua, Valencio Cloete, Hatago Murere (100, 200). Ernst Narib, Thomas Ndunge (100, 200, 400). David Bock, Ivan Danny Geldenhuys (200, 400). Diego Turner, Abraham Otsile, Manfred Garoeb, Johannes Nambala (T), Festus Kandimba, Leevi Stefanus (400). Fred-Charles Pieterse, Gian Dresselhaus (110 hekkies, 400 hekkies), André Retief (400, 400 hekkies). Cameron Brandt, Enock Kawiwi, Rivaldo Swartbooi, Leander Louw (400 hekkies).

Middelafstande: Mervin Appolus (400, 800). Ethan Snyders, Paulus Shilongo, Michael Paulus, Andrew Taapopi, Daniel Nghi­pandulwa, Sam Shimanda, Venericus Mogotsi, Arno Angula, Stefanus Leevi, Vaino Ashuulu (800). Lazarus Mbaisa (400, 1500). Alpo Mbambo, Filemon Shilongo, Daniel Paulus, Oscar Komeya, Petrus Kaluli, Tomas Rainhold, Petrus Kasanga (para), Xhaka Xhaeku, Leefi Stefanus Teofelus Lisias (1500). Robert Ngwada Haimbanga, Henock Haufiku (1500, 10 000). Johannes Muyenga (400, 800, 1500). Dawid Dam, Jonas Nghi­fenwa, Uhorera Mavenjono (800, 1500). Paulus Simon, Thomas Shigwedha, Joseph Nambuli, Sam Nakapata (1500, 5000). Matti Hafeni, Tomas Andreas (10 000).



MANS, VELDATLETE

Errol Wildschudt, Andreas Don, Clinton Beukes, Daniel Hammond, Greg Makari (DS). David Tobias, Albertus Ngairo, Matias Kambonde (GS). Junior Narib, Sebrina Swartz, Immanuel Karimuti, Domingo Pereira, Leigh Taukeni, Wencuslaus Klaasman (HS). David Ndeilenga, Dian Neethling, Jonathan Diergaardt, Jasper Engelbrecht, Dirk Theunissen (SG). Paul Murambinda, Petri Bruwer (SW). Mbino Kavazanga, Romario Nghifitikeko, Erlico Beukes, Breyton Beukes, Johannes Ihuhwa, Moses Likando (VS). Janko Bruyns (VS, SG). George Dax (HS, DS). William van Wyk (GS, SW, SG). Hitjivirue Kaanjuka (GS, SG), Zenaldo van Neel, Dawid Afrikaner, Emmanuel Samantu, Markus Elias (VS, DS, HS). Simon Shihepo (F), Ryan Williams, Leeorrel Breytenbach (GS, SW).



GESTREMDE VELDATLETE:

Hafeni Annanias Elias (GS, SW, SG). Kanime Natangwe (SG). Nghiwete Moses (GS, SW). Ngweda Daniel, Shikoya Kristof (GS). Tuyolene Toivo (GS, SG).



MANS, BAAN- EN ­VELDITEMS

Eugene van Kradenburg (400, 800, DS). Dennis Orlam (400 H, DS). Deevan Methys (110 hekkies, HS). Ludwig Huber (110 hekkies, GS, SW, SG). Petrus Moses (SG, 1 500). Ruwayno de Koe (100, VS). Sandro Diergaardt (200, 100, VS), Titus Hengari (1500, VS).



Die byeenkoms begin môre van 16:00 tot 21:30 en hervat Saterdagoggend om negeuur. Die kampioen­skap sluit kort ná die middaguur met die 200-finale vir mans en vroue af, terwyl die 4x400m-aflosse die laaste afsluiting sal wees.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!