Goeie nuus oor renosterstropery
Goeie nuus oor renosterstropery

Goeie nuus oor renosterstropery

Die SRT se uitvoerende hoof sê goeie vordering is gemaak om dié bedreigde diere in die Noordweste te beskerm.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Renosterstropery in die noordweste van die land het sedert stropings se piekseisoen in 2013 met 80% afgeneem.

Dié uitstekende nuus is deur mnr. Simson Uri-Khob, die Red die Renosterfonds (SRT) se uitvoerende hoof, in hul Augustus-nuusbrief, Bicornews, gedeel.

"Ons spoorsnyspanne is toegewyd, ons intelligensie-eenhede is ongenaakbaar in hul strewe om inligting te vind wat gebruik kan word om ons renosters te beskerm, en ons skenkers is ondersteunend," het Uri-Khob gesê.

Volgens hom word renosters steeds bedreig, "maar ons het groot vordering met hul beskerming in die noordweste van Namibië gemaak".

"In 2017 is ses afsonderlike stropingspogings afgeweer. Wetstoepassingsbeamptes het vooraf intelligensie-inligting van plaaslike informante ontvang. Boonop is die bende stropers verantwoordelik vir die stroop van die laaste renoster in 2017, op heterdaad betrap, en hulle bly in aanhouding."

Uri-Khob het nóg goeie nuus gedeel: "Sedert die eerste renoster in 2012 gestroop is, het patrollies met 360% toegeneem en bevestigde renosterwaarnemings met 380%."

Uri-Khob sê die persentasie van bekende individuele renosters wat gemiddeld per maand gesien word, het van 20% tot 80% gestyg.

Boonop het die veldmag verdriedubbel: "Die getal opgeleide en toegeruste renosterbewakers in 13 bewaringsgebiede het van 0 tot 55 vergroot."

Volgens Uri-Khob het die inkomste aansienlik gegroei wat direk deur renostertoerisme voortgebring is en in plaaslike gemeenskappe teruggeploeg word.

Renostermonitering is doeltreffend, en die totale koste per renoster wat waargeneem word vir moniteringsdoeleindes het ook met meer as die helfte afgeneem.

Hy bedank die regering wat "ons die reg gegee het om ons renosters as 'n dier van hoë waarde vir die Namibiese nasie te beskerm, asook ons vennote wat dag en nag met ons saamwerk om te verseker renosters word beskerm in die wildernis, waar hulle hoort”.

Uri-Khob sê te danke aan oop, eerlike kommunikasie van hul gewaardeerde belanghebbendes, vennote, skenkers en ondersteuners, het SRT se ondersteuningsbasis plaaslik en internasionaal versterk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!