Goeie nuus vir SA oor VSA se staaltariewe
Goeie nuus vir SA oor VSA se staaltariewe

Goeie nuus vir SA oor VSA se staaltariewe

Volgens die adjunkhoofsekretaris van die staal- en ingenieursbedryf by Solidariteit is daar te veel staal op die wêreldmark.
Elvira Wood – Verskeie van Suid-Afrika se staal- en aluminiumprodukte wat na die VSA uitgevoer word, gaan vrygestel word van die invoertariewe wat pres. Donald Trump vroeër vanjaar afgekondig het.

Dr. Rob Davies, minisiter van handel en nywerheid, het Donderdag in ’n verklaring gesê sy gesprekke met Robert Lighthizer, Amerikaanse handelsverteenwoordiger, en Wilbur Ross, minister van handel, in Julie vanjaar het gehelp dat Amerika nou sekere Suid-Afrikaanse aluminium- en staalprodukte van dié tariewe vrystel.

Davies het gedurende die forum oor die wet op groei en geleenthede in Afrika (Agoa), wat in Washington gehou is, met hulle in gesprek getree oor die kwessie.

Trump het op 8 Maart ’n proklamasie geteken waarvolgens daar onderskeidelik ’n 10%- en 25%-invoertarief op aluminium- en staalinvoer na dié land gehef sou word.

’n Totaal van 232 produkte word nou vrygestel van dié tariewe. Die produkte sluit aluminiumfoelie en -plate, warmgewalste staalstawe en -plate, en gesnyde en gerolde staalplate in.

Die aansoek om die produkte van tariewe vry te stel, is deur kopers in Amerika gedoen.

Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van die staal- en ingenieursbedryf by Solidariteit, verwelkom dié aankondiging.

“Dit is baie goeie nuus. Suid-Afrika stort nie staal in Amerika nie. Ons maak baie gespesialiseerde produkte. Dit is duidelik te sien uit die feit dat die produkte nou vrygestel word van tariewe,” sê hy.

Croucamp verduidelik dat die wêreldmark vir aluminium en staal baie verander het ná Amerika se besluit om tariewe te hef.

“Daar is te veel staal op die wêreldmark. Ons vervaardigers maak baie staat op uitvoer en dit is nou moeilik om ’n ander mark vir jou produk te vind. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!