Goeie pad word weer oerspore
J. Steyn skryf:
Dit was met twyfelagtige opgewondenheid dat ek Vrydagoggend hierdie pad aangedurf het. Bloot omdat dit nog altyd vir een of ander verrassing gesorg het.
Nog lank voor die afsak na die Kuiseb het ek hierdie nare gevoel gekry dat hier nie net verrassings gaan kom nie, maar sommer uiterste ellende.
Tussen die twee riviere het ek 'n toeris gekry wat van voor af gekom het en langs die pad gestaan het met 'n pap wiel. Daar gestop, moes ek hoor van die uiterste ellende wat nog op my wag en van hoe sleg die pad is.
Dis toe ek ook opmerk dat sy sleepwa aan die oopbars is en die een modderskerm reeds feitlik heeltemal afgeskeur is. Ek kon nie van veel hulp wees nie en het aanbeveel dat hy maar baie stadig moet aangaan, nadat ons met 'n tou om die sleepwa dit aanmekaar probeer hou het.
Daarna het die pad (lees oervoetpad) met elke kilometer verswak tot dit totaal onrybaar was. Die volgende stukkende voertuig, dit was een van hierdie "als loop reg"-bakkies wat die boere so graag koop, staan met 'n uitgerukte stuurkop ("tierod end" in Engels) en kon nie verder gaan nie.
Met twee hamers het ons die stuurkop weer op sy plek en met maskeerband daarom, raai ek toe die man aan om terug te draai na Solitaire waar hy dalk geholpe kon raak. Miskien ná 'n paar dae?
Van daar af raak die spore waarop mens moet ry net al hoe meer ellendig.
Ek ry, en ken hierdie pad vir ongeveer 45 jaar en let altyd op na skraperspore, want dit gee 'n aanduiding wanneer laas die pad geskraap is. Ongelukkig kon ek geen spore opmerk nie. Nie eers vaagweg nie.
Dis sekerlik die heel swakste toestand waarin ek hierdie pad ooit aangetref het.
Nou wil ek graag weet:
Hoekom moet ons met sulke swak en onverantwoordelike diens tevrede wees?
Natuurlik sal jy nie die skuldiges kry nie, want dis mos altyd die ander een se skuld.
Waar is die padinspekteurs, streeksbeamptes en al die agbares en dergelikes wat hiervoor moet pa staan?
Stel asseblief alle verhuringsmaatskappye, vulstasies, lodges, besighede, boere, sakemanne en sommer almal wat sy lewe op daardie pad wil waag in kennis - BLY WEG!
Jy soek groot moeilikheid. Jy gaan óf jou nek, óf jou voertuig breek.
En aan almal wat skade ly as gevolg van hierdie onnosele en onverantwoordelike optrede, lê jou probleme reg voor die deur van die Paaie-owerheid tesame met al sy kaders en meelopers. Persoonlik hoop ek almal wat hier betrokke is, word afgedank.
En my raad aan jou is, as jy dan nou op hierdie pad MOET ry, kry eers vir jou 'n Centurion- of Russiese T34-tenk alvorens jy hierdie oerspore aandurf. Net dalk is jy dan gelukkig om jou eindbestemming te bereik. Waarskynlik ook nie sonder sorge nie.
As laaste gedagte wil ek noem dat sowat 90% van hierdie padgebruikers toeriste is, wat baie geld kom spandeer in hierdie land. Kyk maar na statistiek.
En dan moet ons tevrede wees met sulke gemors. Of om alternatiewelik self deel van die ongelukstatistiek te word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie