Goeie planne nodig om 'oorloë' te wen
J. A. ROSSOUW SKRYF:
Die afgelope 28 jaar het ons huidige regering alles in hulle vermoë gedoen om armoede in Namibië aan te spreek. Ek het na verskeie artikels in ons plaaslike koerante verwys. Leiers moet lesers wees of word, om probleme in ons land behoorlik te kan identifiseer en aan te kan spreek.
As armoede die kern of spilpunt was waarom ander sosiale probleme soos onderwys, gesondheid, werkloosheid, ongelykheid, misdaad, korrupsie, behuising en voedselsekerheid draai, behoort al die probleme opgelos te gewees het, want volgens statistiek het ekstreme armoede van 90% na onafhanklikheidswording tot die huidige 18% afgeneem (“Armoede, SOE's fokus van nuwe regering”, Republikein, 28 November 2014; "N$293 per month, means extreme poverty", The Namibian, 20 November 2016).
Republikein berig op 1 April 2015 “Geingob verklaar oorlog teen armoede”. Iemand met 'n militêre agtergrond neem nie 'n ondeurdagte en haastige besluit om oorlog te verklaar nie. Jy moet weet wie die vyand is, wat sy getalle is, watter toerusting hy/hulle het, hoe lank die oorlog gaan duur en of jy seker is dat jy met die middele tot jou beskikking sukses kan behaal.
DRUK OP BRONNE EN WERK
Armoede in Afrika en in Namibië is nie 'n probleem nie, dit is die oorsaak van probleme. Hierdie probleem hou verband met getalle.
The Namibian van 13 Oktober 2017 berig “By 2100, One-Third of all people could be African”.
Die New Era van 18 Mei 2017 berig “Namibia register over 42 000 new-born babies”.
Namibian Sun van 22 November 2017 berig “Population grows by 200 000 in five years”.
Hierdie getalle sluit nie ongeregistreerde geboortes in en die babas wat oorlede is nadat hulle “gedump” is nie (Market Watch, 27 Maart 2018).
Met 'n klein bevolking van 2,5 miljoen is dit hoofsaaklik die privaatsektor wat werksgeleenthede moet skep, en daarvoor betaal. Die privaatsektor skep nie net werksgeleenthede nie, maar verskaf ook behuising, betaal vir opleiding, voedsel en help om werkloosheid en misdaad te bekamp. Die privaatsektor betaal belasting om die salarisse, R en V en ander voordele van 110 000 staatsamptenare te betaal, en help die regering in sy poging om die oorlog teen armoede voort te sit.
Armoede en werkloosheid word aangehelp deur gebeure waaroor die privaatsektor nie beheer het nie.
Republikein van 13 Julie 2016 berig “Onwettige immigrante 'n kopseer”.
New Era van 6 Oktober 2017 lees “3 400 refugees disappear from Osire”. The Namibian van 12 Maart berig “Citizenship granted to 3 000 foreigners”.
Binne enkele maande is 6 400 Namibiërs van moontlike werksgeleenthede ontneem. Hulle is nie net werkloos nie, maar kandidate vir die voedselbank en 'n las op die skouers van die belastingbetaler.
BAIE PLANNE, MIN SUKSES
Die afgelope 28 jaar het die regering armoede probeer uitwis met NDP 1 tot 5, Tipeeg, Harambee, PPP-wetgewing en die skepping van die ministerie van armoede-uitwissing en maatskaplike welvaart. Tans is die regering besig om NEEEF-wetgewing ten alle koste op die wetboek te probeer plaas.
Die drie Engelse koerante in Namibië berig op 28 Februarie 2018: The Namibian – “Geingob attacks NEEEF critics”, Namibian Sun – “NEEEF's enemies will fail – Geingob” en New Era – “Geingob pours cold water over NEEEF fears”.
Soos in die begin aangedui, word die oorlog teen armoede gevoer deur verskeie regeringsinstansies, maar omdat hulle gesamentlik en afsonderlik nie suksesvol is nie, word die beoogde NEEEF-wetgewing as oplossing gesien.
Kyk weer na onderstaande berigte (en oortuig uself van die waarheid daarvan).
“NDP's: A cocktail of ideas and no delivery”, The Villager, 25-31 Julie 2016
“Govt fails to account for NDP 4”, The Patriot, 2-8 Junie 2017
“NDP 5 will cost N$164 billion”, The Namibian, 13 Julie 2017
Tipeeg mis teikens, Visie 2030 buite bereik", Republikein, 7 Julie 2014
“Tipeeg 75% spent (N$14,4 billion), 80% imcomplete”, Namibian Sun, 22 Mei 2017
“Harambee administration a failure says APP”, 6 December 2016
President Hage Geingob het tydens sy staatsrede (2016) in die parlement meer lig gewerp op die Harambee-welvaartplan. Hy het die volgende beloof: 50 000 landelike toilette, 8 000 werksgeleenthede, huislenings vir lae inkomstegroepe, 20 000 huise opgerig, 26 000 nuwe residensiële erwe landswyd en 200 MW opwekkingskapasiteit. (Sien die spotprent in Republikein van 07 April 2016.)
Die vraag is hoeveel belastinggeld is daarvoor begroot en bestee, en hoeveel van die beloofde werk is werklik gedoen?
“Die minister van presidensiële aangeleenthede, mnr. Frans Kapofi, het gesê NEEEF gaan op sy eie nie die groot ongelykhede in Namibië uitwis nie. Ons moet welvaart skep eerder as om net bestaande rykdom te herverdeel.”
Daar is ook op gewys dat blankes net 9% van die bevolking uitmaak, en net 'n minderheid van hulle besighede het. Die vraag is hoe gaan 25% daarvan vir die 2 miljoen benadeeldes 'n beter lewe gee? (Sien die spotprent in Republikein van 16 November 2016.)
“Mnr Nahas Angula sê NEEEB is nie 'n kleur nie, maar 'n breë bemagtiging.” (Sien die spotprent in Republikein van 17 November 2016.)
Deur beoogde NEEEF-wetgewing teen wil en dank deur te druk, erken die president (en die regering) dat die NDP's, Tipeeg en Harambee as pogings om armoede aan te spreek, waarop daar miljarde bestee is, nie geslaag het nie. Die geld wat vir armoede-uitwissing geoormerk is, word verdeel. Daar is onnodige rompslomp en dit lei tot frustrasie en kosbare tyd en geld gaan verlore.
LEER BY CHINA
Gaan daar nou 'n liggie op waarom daar reeds die afgelope jare miljoene mense uit Afrika as vlugtelinge na Europa, Israel, Mexiko, Suider-Afrika en die VSA gaan? Verstaan u ook waarom daar 'n toenemende weerstand teen hierdie vlugtelinge is?
Akkurate syfers oor presies hoeveel Afrikane hulleself tans as vlugtelinge in Europa en elders bevind, is nie beskikbaar nie. Nadat ek verskeie bronne geraadpleeg het, is die algemene geskatte getal minstens 20 000 000 tot 50 000 000.
Kyk na die wêreldwye reaksie:
Namibian Sun, 5 Januarie 2018, “Israel to expel African migrants”
New Era, 12 Augustus 2017, “133 trafficked migrants rescued in Mexico”
New Era, 29 Maart 2018, “Trump gives many Liberians a year to quit US”
The Patriot, 16-22 Maart 2018, “Thousands of migrates return to Libya”
Daar word in The Namibian van 26 deser vermeld dat China byna 800 000 000 mense die afgelope 40 jaar uit armoede na welvaart gelei het. Dit is onder andere gedoen deur gesinne tot twee kinders te beperk en dit af te dwing. Onderwys bied praktiese vakke aan in die vervaardigings- en konstruksiesektore (“The End of Poverty in China”, 11 April 2017).
Volgende week wil ek die leiers en lesers op die impak van die drastiese bevolkingstoename in Afrika en Namibië wys in die onderwys.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie