Goeie projekte trek voordeel uit Sages
Die opbrengs vir welsynswerk het die laaste drie jare gestyg.
Die senior gholfgemeenskap bekend as die Sages het besonderhede bekend gemaak van sy gevestigde program om jaarliks geld vir verskeie welsynsprojekte in te samel.
Gholfklubs se aktiewe lede wat ouer as 50 jaar is, reël een of meer kere per maand toernooie by hul plaaslike klub. Die Sages-gedagte het in die middel-1970’s ontstaan as ’n organisasie wat aan die behoeftes van die vyftig-plus ouderdomsgroep aandag gee.
Die Namibiese Sages het sedert 2012 sy program vir maatskaplike verantwoordelikheid aan die gang gesit en uit die verskillende klubs is die eerste skenking aan die Kankervereniging van Namibië gedoen.
In 2015 is ’n kompetisie met die verkoop van kaartjies bygevoeg en is aktief begin om borge te werf. ’n Jaarlikse toernooi ter insameling van geld vir welsynsprojekte is ook ingestel.
Die inisiatief het van krag tot krag gegaan met ’n opbrengs van N$60 000 in 2015 opgelewer. Die volgende jaar kon N$95 000 aan welsynsorganisasies oorbetaal word en verlede jaar het dit tot N$106 000 aangegroei.
“Die plaaslike gholfgemeenskap is nie massief nie en ons sal dus nooit in die groot liga speel om miljoene te kan uitdeel nie, maar ons help waar ons kan,” sê mnr. Hajo von Prittwitz van die Sages.
BCX Namibia en Rennies is sedert verlede jaar die titelborge van die veldtog, met talle bekende korporatiewe maatskappye wat ook aan boord gekom het.
Die moeite wat die gholfklubs Omeya en die Windhoek Buiteklub doen, is ook onontbeerlik om die veldtog ’n sukses te help maak.
Vanjaar se Sages-toernooi ten bate van welsyn word op 29 en 30 September gespeel – die eerste dag by Omeya en die volgende dag by die Windhoek Buiteklub se baan.
Borge en spelers word toegelaat om vir hul verkose welsynsorganisasie te stem, wat op ’n vooraf bepaalde puntestelsel werk.
Die volgende welsynsorganisasies is uitgewys om op ’n pro rata grondslag voordeel te trek:
• Die Kankervereniging van Namibië.
• Die Dierebeskermingsvereniging van Windhoek.
• Hope Village in die woonbuurt Goreangab, wat tans reeds omsien na 97 weggooikinders of kinders wie se lewe deur MIV/vigs ontwrig is.
• Save The Rhino, ’n nieregeringsorganisasie wat omsien na omtrent 55 veldwagters in die onherbergsame noordweste van die land. Gedurende 2017 is ses pogings om renosters te stroop, suksesvol deur wetsbewakers afgeweer danksy inligting uit die gemeenskap.
• Ngatuwe Vatere is ’n weeshuis by Kalkfeld. Sommige van die 70 kinders gaan op Otjiwarongo skool en met ’n vorige skenking van die Sages is onder meer nuwe buitebande aangekoop vir die voertuig wat hulle skool toe neem.
• Die Ombili sopkombuis word deur vrywilligers bedryf en gee twee of drie keer per week kos aan kinders in Katutura.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie