• Tuisblad
  • Sport
  • Goeie prysgeld vir Helalia met nóg ’n Dublin-triomf

Goeie prysgeld vir Helalia met nóg ’n Dublin-triomf

Padwedlope
Andrew Poolman
Namibië se nasionale rekordhouer Helalia Johannes het Sondag haar klas gewys toe sy vir die tweede keer die Dublin Marathon se vrouewedloop gewen het.

Johannes het deurgaans in die voorste bondel atlete gebly, sonder om ooit aan die voorpunt te wees. Eers in die laaste stuk voor die eindstreep het sy versnel om die Etiopiër Ehite Gebireyes agter te laat en in ’n tyd van 2 ure 32 minute 31 sekondes te wen.

Die Oos-Afrikaan het skaars een sekonde agter haar klaargemaak. Kenia se Violet Jelagat was derde in 2:35:03.

’n Magdom van 19 500 hardlopers het by die beginstreep aangetree vir die Dublin Marathon, wat nou getallegewys die vierde grootste in Europa is.

“Ek het die wedloop regtig geniet en ek dank God dat ek die wenner kon wees,” het Johannes agterna gesê. “Ierland is pragtig en die mense van Dublin is besonder ondersteunend. Dis hoekom ek so graag hierheen terugkeer.”

Johannes se wentyd was effens stadiger as in 2011, toe sy ook die Dublin Marathon se vrouetitel in 2:30:35 gewen het.

Volgens Johannes het haar kleinding juis as ’n motivering gedien op pad na die oorwinning, waarin sy met die wenprys van 12 000 euro (N$178 000) weggestap het.

Veertien maande het verloop vandat die 36-jarige Johannes aan haar en haar man, die bokser Japhet Uutoni, se eersteling geboorte geskenk het.

As deel van haar terugkeer na ernstige kompetisie het sy in Augustus vanjaar ook in die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro deelgeneem. Dit was haar derde verskyning by die Spele, maar in snikhete temperature was toestande nie so gunstig nie en het sy in die 56ste plek klaargemaak.

Haar beste tyd van 2:26:09 vir ’n twaalfde plek by die Londen 2012 Olimpiese Spele bly die nasionale rekord.

In die Dublin Marathon het groot getalle toeskouers oral op die roete saamgedrom om die harlopers aan te moedig. Nie net in die elite veld nie, maar dwarsoor die spektrum van vasberade hardlopers was daar vertonings van vasbyt om persoonlike doelwitte te behaal, of om geld vir allerhande welsynsprojekte in te samel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!