Goeie reu00ebnseisoen verwag
Goeie reu00ebnseisoen verwag

Goeie reënseisoen verwag

Vanaf November tot Maart sal die grootste dele van Namibië na verwagting normale tot bonormale reën ontvang.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Normale tot bonormale reënneerslae word vir die oorgrote Namibië tydens die 2021-'22-seisoen voorspel, met uitsondering van hoofsaaklik die noordweste van die land.

Me. Sieglinde Somses van die Namibië Meteorologiese Dienste het gister tydens die nasionale klimaatsvooruitskouingsforum gesê tydens die aanvang van die seisoen vanaf Oktober, behoort die meeste dele van die land normaal tot bonormale reën te ontvang.

“Dit is met uitsondering van die verre suidweste – die weste van Erongo – waar ondernormale tot normale reënneerslae verwag word,” het Somses gesê.



VERWAGTINGE

“Vanaf November tot Maart sal die grootste dele van Namibië na verwagting normale tot ­bonormale reën ontvang,” het sy gesê, “terwyl die noordweste van die land volgens verwagting normale tot ondernormale reën sal kry.

“Die Weste sal in November waarskynlik ondernormale reën ontvang. Dit sluit dele van die Erongo-, Khomas-, Omusati- en Hardapstreek in.

“Vanaf Desember verhoog die kanse op normale tot ­bonormale reënneerslae in Khomas asook dele van Otjozondjupa.

“Die noordweste moet egter steeds normale tot ondernormale reën verwag.”

Somses sê die onderdrukking van reën of droër toestande in die noordweste van die land word deur koeler seetemperature naby Namibië se noordelike kusgebied veroorsaak.

Enso-toestande is tans neutraal, alhoewel 'n swak La Niña voorspel word vanweë die verkoeling van seeoppervlaktemperature in die sentrale Stille Oseaan. Enso staan vir El Niño- Suidelike Ossil­lasieklimaatspatroon.

Sy het verlede seisoen se weervooruitskouing vergelyk met wat gerealiseer het en gesê die ­Kunenestreek het heelwat minder reën ontvang as wat hulle aanvank­lik voorspel het, terwyl groot dele van die ooste van die land baie meer reën ontvang het.

Sommige gebiede het tot dubbel hul normale reën ontvang.



GEREED

Intussen het me. Pauline Mufeti, hoof van hidrologie by die ministerie van landbou, water en bosbou se Hidrologiese Dienste, gesê die implikasie van die voorspelling is dat mense gereed op moontlike vloede en kitsvloede moet wees, veral in gebiede waar normale tot bonormale reënneerslae voorspel word.

Dit is veral belangrik omdat talle damme nog 70% tot 80% vol is ná 'n goeie reënseisoen verlede jaar. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!