Goeie tekens tydens o.16’s se toer
Die kolfwerk van Alexander Volschenk en draaiboulwerk van Henry van Wyk was van die individuele hoogtepunte.
Andrew Poolman
Namibië se jong krieketspelers het heelwat belofte getoon tydens hul deelname aan Krieket Suid-Afrika se o.16-toernooi in Pretoria die afgelope week.
Die span onder afrigterskap van Fortune Matawu en met Jack Parker as kaptein het oorwinnings in drie eendagwedstryde (50 boulbeurte) teen provinsiale opposisie behaal en is net op die laaste speeldag in ’n T20-wedstryd deur die sterker Oostelikes geklop.
Die opgesomde verloop van hul toernooi was soos volg:
KLOP NOORDWES
Namibië word vir 133 uitgeboul – maar wen die wedstryd nogtans met 79 lopies.
Sake het benard gelyk toe Namibië op 31/5 gesteier het met Ramsay McDonald (0), Henry van Wyk (7), Hansie de Villiers (7), Alexander Volschenk (0) en Jack Parker (5) almal terug in die kleedkamer.
Die herstelpoging is met oordeelkundige geduld deur Ryan Moffett (31 van 120 balle, 3x4) en Ben Burger (34 van 47 balle, 1x4 2x6) van stapel gestuur – die enigste dubbelsyfers van die kolfbeurt.
Noordwes se Thuto Matjoi was met sy merkwaardige 4/16 in 10 boulbeurte ’n doring in die vlees – maar Namibië se linkerarmdraaibouler Henry van Wyk het laaste gelag toe hy vyf paaltjies vir 11 lopies in 8.2 boulbeurte neem.
PD Blignaut (3/13 in 8) het ewe puik geboul en as dit nie vir Henre Viljoen se 24 lopies van 38 balle was nie, sou Noordwes met nog minder as hul skamele 56 almal uit in 24.2 boulbeurte geëindig het.
KLOP LIMPOPO
Limpopo kolf eerste en behaal 105 almal uit in 33.1 boulbeurte.
Henry van Wyk bou voort op die vorige dag met 2/14 in 7.1 boulbeurte, terwyl Jack Brasell (1/18 in 7), Ben Burger (2/19 in 7) en Alexander Volschenk (2/26 in 6) ook die teenstanders se sukses help beperk het.
Namibië verloor Ransay McDonald goedkoop (7 van 32 balle), maar die vereiste tempo van skaars drie per boulbeurt bied nie ’n groot uitdaging nie.
Henry van Wyk (19 van 58 balle, 1x4), Hansie de Villiers (15 van 42 balle) en Ben Burger (20 van 22 balle, 1x6) lê die grondslag vir Alexander Volschenk om te kom afrond met 25 nie uit nie (21 balle, drie viere, een ses). Namibië wen met ses paaltjies ná 33.5 boulbeurte.
KLOP SWD
Die Suid-Kapenaars kolf eerste, maar hul totaal van 150/7 (48 bb) kan nie verhinder dat Namibië met ses paaltjies wen nie.
Weer eens is PD Blignaut (3/26 in 10 bb) en Henry van Wyk (2/38 in 10) uitblinkers met die boulwerk, terwyl Ben Burger (1/19 in 7) en Nicolas van der Colff (1/18 in 6) ook net drie per boulbeurt of minder afstaan.
Die Namibiese aanvangspaar Ramsay McDonald (17 van 41 balle, 1x4) en Henry van Wyk (15 van 30 balle, 2x4) het die bal aan die rol gesit voordat Hansie de Villiers (34 nie uit nie van 94 balle, 1x4) as nommer drie ingestap het.
Ryan Moffett het 21 van 29 balle aangeteken (3x4) voor hy b.v.p. uitgegee is, waarna Alexander Volschenk met tye die vuurwerke gebring het vir ’n onoorwonne 33 (42 balle) met twee viere en twee sesse.
VERLOOR TEEN OOSTELIKES (T20)
In die korter formaat het Oostelikes se gedissiplineerde boulaanval en veldwerk seker gemaak dat Namibië ná 19 boulbeurte vir net 74 lopies uitgeboul is.
Nicolas van der Colff het as aanvangskolwer 12 van 23 balle aangeteken (1x4) voor hy geboul is. Die enigste ander Namibiërs wat elkeen een grenshou kon slaan, was Ben Burger (6) en Jack Parker (16 van 22 balle). Volschenk is dié keer vir 9 uitgevang (16 balle).
Oostelikes het die klein teiken ook maklik behaal met Kgomotso Mashishi (21 van 14 balle, 1x4 2x6) en JJ Havenga (35 nie uit nie van 22 balle, 2x4 2x6) wat die kolf behoorlik ingelê het in die oorwinning met agt paaltjies.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie