Goeie toekoms vir goud
Goeie toekoms vir goud

Goeie toekoms vir goud

Estelle de Bruyn
Die goudprys kan met soveel as 15% voor die einde van 2017 styg met die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) wat die verhoging van rentekoerse uitstel en die Amerikaanse dollar wat onder druk bly.

Dié twee faktore steun die vraag na goud, sê Templeton Emerging Markets Group in Londen, Brittanje.

“Die Fed gaan rentekoerse ’n klein bietjie verhoog, maar nie buitensporig nie en daar is geen waarborg ’n styging in rentekoerse sal mense afskrik nie,” sê Mark Mobius, uitvoerende voorsitter van die groep.

“Baie hang af van die ware rentekoers.”

Die goudprys het in 2016 met 19% gestyg weens kommer oor die stand van die globale ekonomie en onsekere monetêre beleid. Daarby het Brittanje se besluit om die Europese Unie te verlaat, aanvraag aangevuur.

Beleidmakers van die Fed het sedert die besluit om in Desember 2015 koerse vir die eerste keer in byna ’n dekade te verhoog, ná ses vergaderings daarteen besluit. nie.

Hoewel die dollar verlede Maandag tot die hoogste vlak sedert Maart vanjaar gestyg het weens bespiegeling dat koerse verhoog kan word, bly dit steeds laer as in 2015.

“Die dollar is nie so sterk nie en mag selfs verswak,” sê Mobius wat ook voorspel sentrale banke kan moontlik meer goud koop.

“As dit gaan gebeur, gaan goud duurder word.”

Die goudprys het in Julie na die Brexit-aankondiging tot US$1 375,34 per fynons gestyg, wat die hoogste was sedert Maart 2014.

Hoewel die Fed se termynmarkfondse ’n groter kans vir hoër rentekoerse in Amerika teen Desember verreken, belê beleggers steeds in goudgesteunde beursverhandelde fondse met goudbatevlakke wat die derde week van Oktober die hoogste vlak die afgelope drie jaar bereik het.

Die kans dat die Amerikaanse rentekoers in Desember verhoog gaan word staan nou op 68% teenoor die 59% in September.

Mobius voorspel die goudprys gaan steeds in 2017 styg al verhoog die Fed rentekoerse in Desember.

Volgens die Londense goudmarkvereniging se peiling onder mense wat sy konferensie verlede week in Singapoer bygewoon het, gaan goud oor ’n jaar teen US$1 347,40 per fynons verhandel.

Die Fed vergader weer op 1 en 2 November, die week voor die Amerikaans presidentsverkiesing en dan weer middel Desember.

Goud het gisteroggend teen US$1 266,20 per fynons verhandel. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!