'Goeie vooruitgang in gesondheid'
'Goeie vooruitgang in gesondheid'

'Goeie vooruitgang in gesondheid'

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Openbare gesondheidsdienste in Namibië maak goeie vooruitgang.

President Hage Geingob het tydens sy staatsrede gesê die kapasiteit van die land se gesondheidsektor is egter verlede jaar tydens die uitbreking van vyf siektes getoets.

Dié siektes sluit hepatitis, cholera, Kongokoors, honds­dolheid en listeriose in.

Geingob het sy spyt uitgespreek oor die verlies van 11 lewens weens die uitbrekings.

Met verwysing na Windhoek, wat deur Kigali, Rwanda se hoofstad, as die skoonste stad in Afrika onttroon is, het die staatshoof gesê dit is “onaanvaarbaar” en te wyte aan rommelstrooiery.

Geingob het Namibiërs in dié verband versoek om in groot getalle aan die nasionale skoonmaakveldtog op 25 Mei deel te neem - “mans en vroue in uniform” ingesluit .

Meer besonderhede oor dié dag sal later volgens die staatshoof deur die sekretaris van die kabinet bekend gemaak word.

Geingob het voorts gesê die plaaslike opleiding van Namibiese gesondheidsdienswerkers bring die land geleidelik nader aan sy doelwitte vir die aantal ­gekwalifiseerde plaaslike dokters.

Volgens hom kan nou op die beskikbaarheid van gespesialiseerde vaardighede gefokus word.

Wat wagsale vir swanger vroue betref, het Geingob gesê goeie vooruitgang word gemaak.

Tans is vyf wagsale vir swanger vroue op Opuwo, Eenhana, Okongo, Engela en Gobabis in gebruik.

Tenders is ook beskikbaar vir die konstruksie van 'n bykomende twee sale op Katima Mulilo en Outapi.

Volgens Geingob sal dit, tesame met die beskikbaarheid van moderne ambulanse en hulp by gesondheidsentrums, die land in staat stel om die sterftesyfer onder swanger vroue en babas te verlaag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!