Goeieman nou ook Koning van die Berge
Selfs Bruce Fordyce het sy kop in bewondering vir die wenners geskud.
Des Erasmus - Die Koning van The Rock, Erich Goeieman, het sy ryk uitgebrei na Koning van die Berge toe hy die Brandberg Rhino Run met Uis as basis Sondag sonder 'n tweede drawwer in sig gewen het.
Vir hom was dit ook 'n sonderlinge driekuns met sy derde agtereenvolgende oorwinning op die bergroete.
In die renosterdraf is daar nie sprake van rekordtye nie, met die roete wat elke jaar wysig as gevolg van veranderende veldtoestande.
“Die sand en die klippe was baie erg,” het Goeieman by die eindpunt by die Daureb Isib-ruskamp gesê terwyl hy hom met 'n sweetdoekie van die NMH-koerantgroep ná die 27 km deur berge en dale gelaaf het.
Die byeenkoms was ook 'n triomf vir die Goeieman-broers met jonger boet Albertus wat ook die korter wedloop van 13 km oor ewe ruwe terrein gewen het. Verlede jaar het hulle ook so gemaak.
Die rateltaaie Erich van Walvisbaai het vroeg 'n groot voorsprong bo sy mededrawwers opgebou en hy was honderde meters voor toe die langasems voordagdie pad tussen Uis en Khorixas op die eerste skof oorgesteek het.
Selfs die befaamde Bruce Fordyce van Suid-Afrika het net sy kop geskud toe hy die Goeiemans in aksie gesien het.
Die vrouewenner van die 27 km was Frances Courtney-Clarke van Swakopmund.
Onder die bergfietsryers op 'n skof van 31 km was Ananias Ananias die wenner, met Marion Shonecke wat vir die ander vroue op die einste roete weggery het.
Die wenners van die dag was:
DRAF 7 km
Vroue: 1. Lené Hoffmann, 2, Dalene Mouton, 3. Anja Volkman.
Mans: 1. Herman Volkman, 2. Oliver Tors, 3. Jan (HT) Smit.
DRAF 13 km
Vroue: 1. Ilse de Beer, 2. Elizabeth Kawiwi, 3. Henriëtte Crouse.
Mans: 1. Albertinus Goeieman, 2. Laurie van Zyl,
3. Calla Joone.
DRAF 27 km
Vroue: 1. Frances Courtney-Clarke, 2. Ilse du Plooy, 3. Barbara Kittel.
Mans: 1. Erich Goeieman, 2. Nesley Gawaseb, 3. Johan van der Westhuizen.
FIETSRY 31 km
Vroue: 1. Marion Schonecke, 2. Angelique Peake, 3. Thelma von Molendorff.
Mans 1. Ananias Ananias, 2. Tobie Gerber, 3. Morné Honiball.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie