Goethe-Instituut wys vanaand bekroonde dokumentêr
Die Goethe-Instituut Namibia bied vanaand ’n Cinemaverse-vertoning van die bekroonde dokumentêr Of Fathers and Sons by hul hoofkantoor in Windhoek aan.
Of Fathers and Sons, onder regie van Talal Derki, ondersoek sy terugkeer na sy geboorteland, waar hy die vertroue van 'n radikale Islamitiese gesin wen en meer as twee jaar lank in hul allerdaagse lewe deel. Sy kamera fokus op Osama en sy jonger broer Ayman, en bied 'n uiters seldsame beeld in wat dit beteken om in 'n Islamitiese kalifaat groot te word.
Dié bekroonde dokumentêr is onder meer as die beste dokumentêre rolprent by die 91ste Oscar-toekennings benoem.
Sitplekke is beperk by hierdie vertoning en sosiale afstand moet ten alle tye gehandhaaf word. Die dokumentêr word nie vir sensitiewe kykers aanbeveel nie. Die vertoning begin om 19:00.
Toegang is gratis en sluit springmielies met glühwein in. Die vertoning sluit ook 'n vraag-en-antwoord-sessie met die regisseur Florian Schott in.
Cinemaverse is 'n projek wat deur die Goethe-Instituut Namibia van stapel gestuur is, en sal gedurende die jaar plaaslike en internasionale kunsflieks vertoon. Registreer en bespreek ’n sitplek hier: https://q.my.na/EC5G

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie