Goethe-kortfilms binnekort bekend gestel
Goethe-kortfilms binnekort bekend gestel

Goethe-kortfilms binnekort bekend gestel

Yandi Du Plessis
Die kortfilm-genre word in Namibië bevorder, met Goethe Stage watop Vrydag 3 Julie die eerste Short Films Premiere bekendstel.
Die bekendstelling sal deur ’n regstreekse uitsending om 19:00 op die Goethe Institut Namibia se Facebook-blad plaasvind. Al die films is deur jong plaaslike fliekfoendi’s in Namibië geskryf, geregisseer en vervaardig.
Die uitsending sal ’n vraag-en-antwoord-sessie met die akteurs en regisseurs insluit. Slegs genooide gaste kan die geleentheid bywoon weens die huidige Covid-19-inperkingsregulasies. Die publiek word aangemoedig om die premiere tuis te volg terwyl hulle die maatreëls gehoorsaam.

Nuwe era
“Die kortfilm-genre in Afrika beleef tans ’n nuwe era en die bekendstelling van aanlyn video’s raak al hoe gewilder, hoofsaaklik omdat dit so goedkoop is om te vervaardig,” sê me. Michelle Namases, die koördineerder van kulturele programme by die Goethe-Institut. Sy het verduidelik die Goethe-Institut beoog om finansiële hulp te verleen aan plaaslike kandidate wat deel is van die kreatiewe sektor en die bedryf só ’n hupstoot te gee.
“Beoordelaars is gevra om drie inskrywings te kies wat potensiaal het en temas wat relevante kwessies in Namibië weerspieël.
Bekwame persone in die filmbedryf was beskikbaar om raad tydens die produksieproses te deel,” het sy gesê.
Die Namibiese Filmkommissie (NFC) was onder meer by die inisiatief betrokke en het N$50 000 vir die produksie van die drie kortfilms geskenk.

Ontwikkel plaaslike kunste
Me. Krischka Stoffels, die hoof mediabeampte by die ministerie van inligting- en kommunikasietegnologie, het gesê sy hoop dié inisiatief sal in die toekoms voortgesit word. “Ek was aangenaam verras deur die gehalte van sommige van die inskrywings en ek hoop meer kan in die toekoms gedoen word om die ontwikkeling en groei van Namibiese kunstenaars te steun. Ek glo die potensiaal is daar, maar ondersteuning is nodig,” het sy gesê.
Stoffels, ook ’n beoordelaar, het beklemtoon dié kunsvorm en kunstenaars se bydrae tot Namibië se kulturele identiteit is onvervangbaar en noodsaaklik.
Me. Florence Haifene, uitvoerende sekretaris van die NFC, het dié sentiment beaam en gesê hulle sal nie huiwer om die Goethe Stage te ondersteun nie. “Ons glo rolprente is 'n weerspieëling van die samelewing, beide van die hede en verlede, en dat die drie verhale almal daarin kon slaag. Die NFC wil al drie die spanne gelukwens met die besonderse werk,” het sy afgesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!