Goewerneur veroodeel diefstal van Covid-19-lyk by Osire
Die goewerneur van die Otjozondjupastreek, mnr. James Uerikua, het die beweerde diefstal deur sommige inwoners van die Osire-vlugtelingskamp van 'n lyk wat positief vir Covid-19 getoets het, veroordeel. Die voorval het na bewering verlede Sondag plaasgevind toe 'n groep Kongolese vlugtelinge in die kamp deur 'n venster by die lykhuis ingebreek en die liggaam van 'n Kongolese inwoner gesteel het wat aan Covid-19-verwante oorsake dood is.
Die middeljarige man is op 15 September in die staatshospitaal op Otjiwarongo dood en sy liggaam is na die lykhuis op Osire geneem.
Volgens Uerikua glo die meeste van die vlugtelinge nie in die bestaan van die Covid-19-pandemie nie.
Hy sê die man se liggaam is deur die inwoners in 'n vlak graf in die nedersetting begrawe. Uerikua sê die massatoetsing van inwoners op Osire vir Covid-19 sal Maandag plaasvind, terwyl die skuldiges ook in lyn met die oortreding van Covid-19-protokol in hegtenis geneem sal word. Ses inwoners het tot op hede positief vir Covid-19 getoets. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie