Goju-Kai reg vir res van die wu00eareld
Goju-Kai reg vir res van die wu00eareld

Goju-Kai reg vir res van die wêreld

Karate
Tielman van Lill
Tielman van Lill

’n Span bestaande uit 45 karateka, afrigters, bestuurslui en ondersteuners het dié week na Richmond, Brits-Columbië in Kanada vertrek waar hulle aan die IKGA se sewende wêreldwye Karate-Do Goju-kai kampioenskap gaan deelneem.

Die 32 deelnemers van wie ses meisies is, sal tot Donderdagoggend tyd hê om te akklimatiseer voordat die kampioenskap in alle erns afskop en tot Sondag voortduur.

Die eerste Goju-kai-kampioenskap van dié aard is in 1993 in Japan aangebied en sedertdien word dit net elke vier jaar gehou. Vanjaar sal 28 lande en ’n geskatte 820 deelnemers op die Richmond Olimpiese stadion toesak waar die Namibiërs vir die sesde keer by dié kompetisie gaan kompeteer.

Hoewel die Namibiërs wat na Kanada reis, nie ’n nasionale span is nie, het hulle met die toestemming en seënwense van die Namibiese Sportkommissie vertrek. Lede afkomstig van Otjiwarongo, Swakopmund, Walvisbaai en Windhoek is deel van die geselskap.

Deelnemers van so jonk as ses jaar tot senior meesters wys by die kompetisie wat in hulle steek en vanjaar gaan die Internasionale Karatedo Goju-Kai-vereniging (IKGA) vir die eerste keer kompetisies vir gestremde persone aanbied. Die gestremdes sal in verskillende klasse deelneem net soos wat met byvoorbeeld atletiek en swem die geval is.Die groep karateka is Alexander Neidel, Anco Snyman, Anthony Palmer, Brandon-Lee Martin, Danielle Kries, Emilio Joseph, Franklin Munkelwitz, Brett Geyser, Zan Theisinger, Nadine Willemse, Nathan Augustus, Kyle Liguma, Terence Knowles, Leo Zhang, Angel Zhang, Hendrik Jooste, Monique Jooste, Johannes Rossouw, Jacques Gryffenberg, Jayden Koopman, Jean-René De Schmidt, Katelin Martin, Katya Dedekind, Danika Blaauw, Joshua Schiebler, Rasmus Esterhuizen junior (nasionale Namibiese kampioen), Pieter van Tonder, Werner Ahrens, Zinedine Marshall, Wilko von Hacht.

Die span word vergesel deur Shihan Leonard Martin (hoofinstrukteur), Sensei Ryan Geyser, Erica Martin, Rasmus Esterhuizen (spanbestuurders), Sabine Neumann (beampte), John Woest (afrigter), Dean Theisinger, Llewellyn Manale (beide afrigters/deelnemers).

Die reisende ondersteunersgroep is Kayla Martin, Margaret Martin, Zachary Martin, Helena Opperman, Maritza Woest, Lizl Geyser, Tracy Esterhuizen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!