Gold Cup in agterkop van semifinaliste
Klubrugby
Andrew Poolman - Die ope geheim dat FNB Western Suburbs die land se uitverkore span vir 'n aanslag op die Suid-Afrikaanse Rugby-unie se Gold Cup-reeks is, kan die Khomasdallers onder ekstra druk plaas wanneer die NRU premierliga se semifinale môre gespeel word.
Die amptelike aankondiging is nog nie gedoen nie, maar dit is bekend dat Saru geensins op sy reël sal skietgee dat die Gold Cup vir geen span van 'n tersiêre instelling oop is nie. Dit skakel FNB Unam opnuut uit, ongeag waar in die Namibiese liga die heersende kampioene klaarmaak.
Suburbs het tweede op die puntelys geëindig, met FNB Wanderers derde nadat hulle aan die einde van die eerste ronde nog in die tweede posisie was. Binne die spertyd vir 'n beslissing het die Namibië Rugby-unie beslis dat Suburbs in die kompetisie tussen elke SA provinsie se beste oop klubs sal meeding.
Môre in die Hage Geingob-stadion (16:40) is dit juis dié twee wat dit vir 'n plek in die finaal uitspook.
Die hoofwedstryd (18:15) het ewe sterk faktore wat op Unam en Walvisbaai se botsing inspeel. Die kusspan maak 'n uiters seldsame verskyning in die semifinaal, maar tog welverdiend nadat die klub verlede jaar teen die grond was en sterk opgestaan het.
Unam het egter glad nie gedink dis snaaks toe Walvisbaai onlangs in die laaste liga-ontmoeting vir sy tuiswedstryd teen die studente onttrek het nie – nadat die Windhoekers reeds vir heelwat van die reiskoste betaal het.
Uit Walvisbaai het sy afrigter Gawan Esterhuizen gister gesê sy span sien geweldig uit na dié kans en dat hy vir die eerste keer dié seisoen sy droomspan in die veld kan stoot.
FNB Western Suburbs: 15 Ricardo Swartz, 14 Collins Omalu, 13 Nikin Cloete, 12 Alastair Miller, 11 Japhat Tjindjo, 10 Justin Nel, 9 JC Winkler, 8 Roderique Victor (kapt), 7 Tjingari Katjivi, 6 Ryan Garoeb, 5 James Kisting, 4 Fidal Micolleney, 3 Andreas Shikoneni, 2 Neville Vries, 1 Aleck Botha.
Reserwes: Jonathan Goliath, Howard Gawachab, Uno Katjiuongua, Vaughan Peterson, Bronwyn Willemse, Johannes Namene, Jean-Paul Jenneker.
FNB Wanderers: 15 Jamie Joseph, 14 Malcolm Moore, 13 Janry du Toit, 12 Francois Wiese, 11 Phillip Nashikaku, 10 Theuns Kotzé, 9 Enem Kritzinger, 8 Adriaan Booysen, 7 Dirk de Meyer, 6 Brian Roodt, 5 Kevin Vorster, 4 Nico Esterhuyse,
3 Andries Rousseau, 2 Christie du Plessis, 1 Christo McNish (kapt).
Reserwes: Gerhard Lotter, Nian Berg, Kevin Thuynsma, Stef Botha, Heinrich Smit, Mahco Prinsloo, Léan van Dyk.
FNB Unam: 15 Lorenzo Louis, 14 Silvano Beukes, 13 Milaan van Wyk, 12 Camlo Martin , 11 Chess Lawrence, 10 Denver Murorua, 9 Cameron Klassen, 8 Bradley Klazen (kapt), 7 Renaud van Neel, 6 Berry Gande, 5 Rheinhardt Carelse, 4 Muniovita Kasiringua, 3 Hauta Veii, 2 Bigman Kaura, 1 Tjino Tjirare,
Reserwes: Jandre Cloete, Frank Mowa, Graham April, Kami Mieze, Sunday Haitembu, Rodney Coetzee, Romanzo Lento.
Walvisbaai: 15 Lloyd Jacobs, 14 Byron Becker, 13 Cedric Haraseb, 12 Mervin Kotzee, 10 Dirk von Weidts, 11 Jeroen van Dam, 9 Keeane Wellman (o.kapt), 8 Joe Hermann, 7 Immo Dresselhaus, 6 James Marx, 5 Cevin Harding, 4 Tersius Arangies , 3 Herman Grobler , 2 Chris Klassen (kapt), 1 Philip van Niekerk.
Reserwes: Nigel Tjingoro, Zuandre Viviers, Shaun White, Riaan de Klerk, Steward McAlpine, Simon McAlpine, Bjorn Block.
• Die volledige wedstrydprogram is op bl. 48.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie