Gold Fields juig oor 'gouer' weivelde
Gold Fields juig oor 'gouer' weivelde

Gold Fields juig oor 'gouer' weivelde

Genormaliseerde wins vir 2019 het tot $343 miljoen gestyg vanaf 2018 se $27 miljoen.
William Horne - Gold Fields het 'n skitterende jaar agter die rug nadat veral die goudprys beduidend toegeneem het.

Die maatskappy het Woensdag sy resultate vir die jaar tot einde Desember uitgereik en 'n enorme toename in sy wins aangeteken.

Op 'n jaargrondslag het Gold Fields 'n 1 170%-toename in sy wins gehad. Genormaliseerde wins vir 2019 het tot $343 miljoen gestyg vanaf 2018 se $27 miljoen.

Die grootste drywer hiervan is Gold Fields se beduidende verbetering in sy kontantvloei. Sy netto kontantvloei posisie het in Desember 2019 op $249 miljoen gestaan, terwyl hy 'n negatiewe kontantvloei van $122 miljoen in Desember 2018 gehad het. Die goudprys het wel in dieselfde tydperk beduidend toegeneem.

Van Desember 2018 tot Desember 2019 het die goudprys met amper 19% toegeneem soos beleggers na veilige beleggings soos goud gestormloop het te midde van handelsoorloë en geopolitieke onstuimigheid, veral in die Midde-Ooste.

Gold Fields se wins is egter hoofsaaklik afkomstig van sy bedrywighede in Australië, Ghana, Peru en Chili aangesien hy nog net een oorblywende myn in Suid-Afrika het.

Goudmyne in Suid-Afrika is boonop hard geslaan deur beurtkrag in 2019 met Harmony Gold wat byvoorbeeld weens fase 6-beurtkrag R69 miljoen in slegs een dag verloor het.

Gold Fields se laaste oorblywende myn in Suid-Afrika is die South Deep-myn wes van Johannesburg. Dié myn was vir die grootste deel van die afgelope dekade niewinsgewend, ondanks die feit dat dit een van die diepste goudmyne is wat oor die tweede grootste goudneerslag ter wêreld beskik.

South Deep het vir die eerste keer in meer as tien jaar in November 'n wins gemaak en sal slegs oop bly as hy dié tendens kan voortsit tot en met Februarie 2021.

Gold Fields se internasionale bedrywighede doen egter soveel beter as dié in Suid-Afrika dat die goudreus nou al sedert 2019 oorweeg om sy primêre notering vanuit Suid-Afrika te skuif.

Die maatskappy het wel 'n dividend van R0,91 vir Desember 2019 aangekondig wat betaalbaar sal wees op 16 Maart 2020. Dit bring die totale dividende vir 2019 tot op R1,60 te staan.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!