Golfstate het hul oë op Somalië

Hawens in Somalië word opgeknap en groot beleggings word in die infrastruktuur van die land gemaak.
NAMPA
'n Stryd om toegang tot hawens in een van die wêreld se onwaarskynlikste plekke, Somalië, is aan die kom.

Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) aan die een kant en Katar met die steun van Turkye aan die ander kant, trek tou oor die land.

Die teiken: Die besige seewater aan die ­Somaliese kus en die toekomstige stabiliteit van die land self.

Somalië is reeds vir dekades in oorlog gewikkel en het tot die afgelope paar jaar gesukkel om beleggers te lok. Mededinging in die nabygeleë Arabiese skiereiland het egter meegebring dat daar nou 'n ernstige invloei in Somalië is.

'n Jaar gelede het 'n maatskappy wat deur die regering van die VAE besit word, 'n US$336 miljoen-kontrak gesluit om die hawe van Bosaso, noord van Mogadisjoe in die semi-outonome Somaliese streek Puntland, uit te brei.

Minder as 'n jaar voor dit het nog 'n VAE-maatskappy beheer oor die hawe van Berbera in die noordelike wegbreekstreek, Somaliland, oorgeneem en US$440 miljoen belowe om dit te ontwikkel.

In Maart het Ethiopië 'n aandeel in die hawe teen 'n onbekende bedrag bekom.

In dieselfde tyd het Turkye, 'n bondgenoot van die VAE se teenstander, Katar, begin met 'n multimiljard-beleggingsprogram in Somalië.

'n Turkse maatskappy is sedert 2014 aan die stuur van sake by die Mogadisjoe-hawe met ander Turkse maatskappye wat paaie, skole en hospitale bou.

Die mededinging is sedert Junie 2017 aan die toeneem. Die magtigste Arabiese state, onder leiding van Saoedi-Arabië en die VAE het toe diplomatieke betrekkinge met Katar verbreek en die land daarvan beskuldig dat dit Iran en Islamitiese militante steun.

Die Midde-Oosterse twis vuur volgens sakelui, diplomate en Somaliese regeringslui die begeerte aan om die Horing van Afrika en sy waters te beheer.

Somalië is strategies na aan kern-olieroetes geleë en die land se hawens kan Ethiopië bedien wat geen toegang tot 'n oseaan het nie en 'n ­bevolking van 100 miljoen mense het.

“Somalië is in die middel vasgevang van pogings om invloed, sowel kommersieel as militêr, langs die kus uit te brei,” het Rob Malley, president van die dinkskrum International Crisis Group, gesê.

Saoedi-Arabië en die VAE beskou die Somaliese kuslyn asook Djiboeti en Eritrea na die noorde as hul “westelike veiligheidsflank”, het 'n senior diplomaat aan Reuters gesê.

Westerse nasies vrees dat die Golfstate se mededinging hul multimiljard- Verenigde Nasies-geleide pogings in die wiele kan ry om 'n funksio­nele Somaliese weermag tot stand te bring om teen Al-Sjabaab te veg wanneer vredebewaarders van die Afrika-unie in 2020 aan Somalië onttrek. – Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!