Golfstate: Iran probeer hajj verpolitiseer
Saoedi-Arabië
Arabiese Golfstate het Iran daarvan beskuldig dat dit probeer om die hajj te verpolitiseer, nadat die land se opperleier die Saoedi-owerhede oor die bestuur van die jaarlikse pelgrimstog gekritiseer het.
Die hoof van die sesnasie Golf Samewerkingsraad sê ajatolla Ali Khameini se opmerkings waarin hy Rijad van “moord” oor die dood van nagenoeg 2 300 pelgrims by verlede jaar se hajj beskuldig, is “onvanpas en aanstootlik.”
Abdoellatif al-Zajani sê die opmerkings is ’n “duidelike aanhitsing en ’n desperate poging om die hajj te verpolitiseer”.
Vanjaar is die eerste keer in byna drie dekades dat Iraniërs nie deel van die jaarlikse pelgrimstog na Moslem heilige plekke in Saoedi-Arabië sal wees nie, nadat gesprekke oor logistiek en veiligheid in Mei ’n dooie punt bereik het.
Die woordewisseling tussen die twee lande wat nie diplomatieke betrekkinge het nie, kom op die vooraand van die pelgrimstog wat Saterdag begin.
- Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie