Golwe laer as verwag ná aardbewing
Japan
Tsoenami-golwe van een meter het die kusgebied van Japan getref nadat ''n aardbewing wat 7,4 geregistreer het, Dinsdag aan die kus van die Foekoesjima-gebied voorgekom het.
Aanvanklik was gevrees dat golwe tot so hoog as drie meter kon voorkom en mense is gevra om die kusgebiede te ontruim.
Daar was berigte van geringe skade en beserings nadat die aardbewing Dinsdag net voor 06:00 (Maandag omstreeks 23:00 Namibiese tyd) voorgekom het.
Die aardbewing is tot in Tokio gevoel.
In Maart 2011 het ''n groot aardbewing in die see aanleiding gegee tot ''n tsoenami aan Japan se noordooskus. Meer as 18 000 mense is dood en groot skade is aan drie reaktors by die Foekoesjima-kernkragaanleg aangerig.
Daar blyk nie enige skade aan die kernkragaanleg te wees ná Dinsdag se aardbewing nie.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie