Gondwana Geskiedenis VI - grepe uit Namibië se verlede
Sestig jaar gelede kom die eerste trop Brahmaanbeeste ná gebeurtenisvolle vaart van Texas in Namibië aan en neem dit plaaslike beesvleisproduksie op 'n ongeëwenaarde wyse oor.
Alexander Schottland, soldaat van die Duitse koloniale magte, blyk eintlik Britse spioen te wees en Great Dane word by die Royal Navy as 'n seeman aangestel.
Die sesde uitgawe van Gondwana Geskiedenis – Grepe uit Namibië se Verlede (In Engels beskikbaar as Gondwana History – Memorable Moments from Namibia’s Past) is kleurvolle mengsel van stories: Vermaaklik, sommige eienaardig en ander van 'n taamlik ernstige aard.
Die jaar 2014 is die 100 jaar herdenking van die begin van die Eerste Wêreldoorlog.
Verskeie kortverhale in die boek gaan ook oor dié oorlogsjare in Namibië.
Ander bydraes is opgedra aan formidabele individue soos die legendariese Nama-leier Hendrik Witbooi, wat met sy joernale 'n kulturele erfenis aan Namibië nagelaat het en wat nou in die Unesco Memory of the World aangeteken is. Ander gaan oor die kunstenaar John Muafangejo, wie se nalatenskap 'n kunsskool vir aspirantkunstenaars uit 'n armoedige agtergrond insluit.
" Met die Gondwana Geskiedenis-reeks en die talle ander publikasies die afgelope jare het ons 'n waardevolle bydrae tot die bewaring van Namibië se natuurlike en historiese erfenis gemaak en bied ons dit vir soveel mense as moontlik," sê Mannfred Goldbeck, die besturende direkteur van Gondwana Collection Namibia en inisieerder van die Gondwana Geskiedenis-reeks.
" Ons sal hiermee voortgaan, maar nou is dit tyd om ons aandag aan ander projekte te bestee. Hierdie is die laaste boek in die Gondwana Geskiedenis-reeks, en dit bied 'n unieke geleentheid om opreg dankie te sê aan almal wat betrokke was."
Die boek is by die Gondwana-kantore in Klein Windhoek (42 Nelson Mandelalaan, toegang vanuit Dr. Kwame Nkrumahstraat) asook by lodges en in boekwinkels teen N$250 beskikbaar. Die ISBN-nommers is 978-99945-79-54-9 (Engels), 978-99945-79-56-3 (Afrikaans) en 978-99945-79-55-6 (Duits).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie