Gondwana koop nie luukse oorde
Die hofsaak tussen dié toerismeorganisasie en versekeraar Hollard gaan op 19 Maart voort.
Francoise Steynberg – Beweringe dat Gondwana Collection Namibia die boetiekhotel Am Weinberg of sekere NWR-oorde gaan koop, is gister in die kiem gesmoor.
“Gondwana Collection Namibia het nie tans die kapitaalbronne om enige nuwe besigheidsgeleenthede aan te durf nie,” het die groep se handelsmerkbemarkingsbestuurder, me. Jescey Visagie gesê.
“Ons hooffokus is nou om te oorleef en ons maatskappy in stand te hou,” het sy beklemtoon.
Die uitvoerende hoof, mnr. Gys Joubert, asook die stigter van Gondwana, mnr. Manni Goldbeck, het sulke beweringe gister ten sterkste ontken.
Hulle vermoed die beweringe spruit dalk uit 'n onlangse verslag van die onafhanklike ontleder, mnr. Rainer Ritter, wat deel was van die ministerie van staatsondernemings (SOE's) se ondersoeke verlede jaar na ondernemings in staatsbesit.
Ritter het aanbeveel dat Duwiseb-kasteel direk aan Gondwana Collection Namibia aangebied word, wat reeds 'n goeie reputasie het en veel beter as NWR weet hoe om historiese terreine te bemark.
• Intussen sien Gondwana en die versekeringsmaatskappy Hollard Namibia mekaar weer in die Windhoekse hoërhof op Vrydag 19 Maart om die dringendheid van die saak te bepaal.
Die hofsaak spruit uit versekeringsverliese wat Gondwana gely het weens die Covid-19-pandemie, die noodtoestand en gepaardgaande maatreëls wat deur die regering geïmplementeer is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie