Gondwana kry Europese vennoot

Gondwana Collection Namibia en Romantik het 'n samewerkingsooreenkoms gesluit.
Gondwana Collection Namibia het sy eerste bemarkingsvennootskap met 'n Europese hotelgroep gesluit.

Die Romantik-handelsmerk sluit 200 hotelle en 250 restaurante in nege Europese lande in. Elke streek se unieke karaktereienskappe word met uitstekende cuisine en 'n ervaring van sy verlede gekenmerk. Die hotelle vorm 'n eksklusiewe versameling om aan die hoogste vereistes te voldoen.

Benewens die maatskappy se vennootskappe in Frankryk en Asië, het Romantik Hotels and Restaurants nou sy eerste vennoot op die Afrikavasteland - Gondwana Collection Namibia.

Gondwana bestuur meer as 20 unieke lodges en een hotel in Namibië. Gondwana nooi besoekers uit na 'n ontmoeting met kulture, tesame met warm gasvryheid en 'n onvergeetlike avontuur in die nabyheid van Namibië se natuurwonders.

Die twee handelsmerke sal in die toekoms mekaar se spesiale aanbiedinge bevorder en beplan om personeel uit te ruil.

"Die vennootskap met Gondwana Collection bied 'n splinternuwe avontuur vir Romantik-gaste met uitsonderlike akkommodasiegeriewe in Namibië. Die Gondwana-lodges is so uniek soos die asemrowende natuurskoon in Afrika," het Romantik se uitvoerende hoof, mnr. Thomas Edelkamp, gesê.

Die meeste toeriste na Namibië kom van Duitsland af.

Mnr. Mannfred Goldbeck, direkteur van die Gondwana Collection, is daarom verheug om saam met Romantik, 'n nuwe vennoot van een van die grootste toeristebronmarkte, te werk.

"Romantik en Gondwana deel dieselfde waardes - uitsonderlike ervaringe en persoonlike gasvryheid. Die vennootskap pas perfek."

Romantik se gaste wat na Namibië wil reis en Gondwana-bewonderaars wat Duitsland in die toekoms wil ontdek, sal nou akkommodasiebesprekings wedersyds deur die twee vennote se verskillende kanale kan maak. Gesamentlike bemarking in die maatskappy se eie media word ook beplan.

Dit sal moontlik gemaak word deur Romantik se leefstyltydskrif met 'n jaarlikse sirkulasie van 100 000 kopieë wat na byna 500 kiosks versprei en aanlyn geadverteer word.

Gondwana bereik sy gaste aanlyn, asook met 'n hoëgehalte-tydskrif by hul lodges en 'n wye reeks van produkte op die internet, soos hul YouTube-kanaal wat wye reikwydte vir hul meer as 20 lodges het.

UITRUIL VAN PERSONEEL

"In onlangse jare het ons groot sukses in ons samewerking met ‘Les Collectionneurs’ in Frankryk en ‘Secret Retreats’ in Asië behaal en nou gaan ons ons ervaring met Romantik gebruik om dit na die volgende vasteland te neem," het Edelkamp gesê.

"Benewens die bemarking van verblyf en ervaring, wil ons 'n intensiewe uitruilprogram vir personeel van Gondwana organiseer."

Die doelwit is om werknemers van Afrika opleiding en werksgeleenthede in Europa aan te bied.

Romantik-werknemers van nege Europeese lande sal ook die geleentheid kry om in Suider-Afrika te werk.

"Deur die Gondwana Collection wil ons Namibië en sy mense wat hier bly, 'n toekoms gee. Met Romantik aan ons sy, bereik ons nou 'n nuwe mylpaal," het Goldbeck gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!