Gondwana se nuwe lodge oop
Gaste word per boot na hul blyplek op die oewer van die Zambezirivier vervoer.
Die nuutste toevoeging tot die Gondwana Collection, die Zambezi Mubala Lodge in die verre ooste van die Zambezistreek, het verlede Woensdag sy eerste gaste verwelkom.
Gaste word hier per boot na die lodge vervoer en kry so ’n eerste indruk van die Zambezirivier. Die nuwe lodge is op die oewer van dié rivier geleë.
Die voormalige Kalizo Lodge is van nuuts af herbou en omskep in die spoggerige Zambezi Mubala Lodge.
Mnr. Sven-Erik Staby, ’n argitek, het die lodge volgens ’n omgewingsvriendelike plan ontwerp.
Staby was ook verantwoordelik vir The Delight op Swakopmund en die Kalahari Anib Lodge op Mariental.
Gondwana het ook die nabygeleë Island View Lodge gekoop, en die nuwe Zambezi Mubala Camp is nou die vertrekpunk waarvandaan gaste per boot na die lodge vervoer word.
Van 1 Mei 2018 af sal daar ook kampeerplekke en selfsorgtente by die kamp beskikbaar wees.
Die lodge self het 18 luukse dubbelkamers en twee gesinskamers met badkamers en ’n uitsig op die rivier.
“Ons was geïnspireer deur die manier waarop die son op die Zambezirivier weerkaats. Ons het die binnekant van die lodge in verskillende skakerings van blou, groen en goud geverf,” het me. Melanie van der Merwe van Women Unleashed gesê.
Die Zambezi Mubala Lodge is ’n paradys vir natuurliefhebbers, voëlkykers en vissermanne. Die lodge bied skemerbootritte, visvanguitstappies en voëlbesigtigingstoere aan.
Die rooiborsbyvreterkolonie op die walle van die rivier is die grootste in suidelike Afrika. “Mubala” beteken “kleur” in die inheemse Lozi-taal.
Die lodge is 40 km oos van Katima Mulilo op die oewers van die Zambezirivier geleë.
Daguitstappies na die Victoria-watervalle in Zimbabwe en die Chobe Nasionale Park in Botswana is van hier af moontlik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie