Gondwana se saak 'nie dringend'
Howe
Francoise Steynberg – Hoërhofregter Kobus Miller het gister in die Windhoekse hoërhof beslis dat Gondwana Namibia Collection se versekeringseis vir sakeonderbreking teen Hollard Namibia nie aan die nodige dringendheid voldoen nie en die saak is dus van die hofrol verwyder.
Miller het ook gelas dat Gondwana die hofkoste moet dra.
Gondwana se uitvoerende hoof, mnr. Gys Joubert het gister aan Republikein gesê hy is teleurgesteld, maar respekteer die uitspraak.
“Dié bevel het geen wesenlike uitwerking op die gronde van die eis nie, slegs op die tydsberekening van die verhoor. Helaas bring dit natuurlik geen verligting vir die swaarkry van ons Gondwana-mense en die risiko vir hul lewensbestaan in die nabye toekoms nie,” het hy gesê.
Mnr. Jaco Lamprecht, uitvoerende hoof van Hollard Namibia, het gister gesê die uitspraak word verwelkom, want dit sal help om die eis spoedig op te los.
“Ons bly daartoe verbind om met Gondwana saam te werk om die oorblywende inligting te bekom wat ons nodig het om die eis te beoordeel volgens die beste versekeringspraktyke. Ons is van mening daar is 'n sterk en wedersydse verbintenis om hierdie saak so spoedig en vertroulik as moontlik op te los,” het Lamprecht gesê.
Gondwana se saak spruit uit sy versekeringseis teen Hollard weens verliese wat die toerismemaatskappy weens die Covid-19-pandemie en die regering se inperkingsmaatreëls gely het.
Miller meen Gondwana se saak is een van semi-dringendheid, “maar die reëls van die hoërhof maak nie voorsiening vir 'n sogenaamde semi-dringende rol nie”.
Die regter sê dit het spoedig geblyk daar was geen manier waarop Hollard oorreed kon word om die eis binnekort te eerbiedig of selfs te erken dat hy aanspreeklik was nie, behalwe om die eis te kwantifiseer.
“Die feit dat skade gely is of nie, maak dit nie 'n saak van dringendheid nie. Hoewel dit gronde vir 'n hofbevel is, maak dit nie die aansoek dringend nie,” het Miller gesê.
“Gondwana het by verskeie geleenthede gedreig om dringende prosedures van stapel te stuur wat tot 24 Julie 2020, 28 Julie 2020 en 10 September 2020 terugdateer,” sê die regter.
“Daar is eenvoudig geen verduideliking waarom die instelling van regstappe tot Desember 2020 vertraag is nie.”
Miller sê dit is duidelik nie die gevolg van die partye wat 'n vreedsame oplossing probeer bereik het nie.
“Dit was eerder 'n geval van een party wat die ander probeer oortuig van die meriete van sy standpunt wat die eis betref, of mekaar beskuldig dat hulle nie hul verpligtinge nakom nie,” het die regter gesê.
“Gondwana het probeer om hier voor in die ry in te druk.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie