• Tuisblad
  • Sport
  • Goodhue se besluit ‘goeie nuus’ vir All Blacks

Goodhue se besluit ‘goeie nuus’ vir All Blacks

Rugby
Jack Goodhue is die soveelste hoëprofielspeler wat hom op lang termyn tot Nieu-Seelandse rugby verbind het – wat goeie nuus is vir die All Blacks in hul strewe om weer Wêreldbeker-glorie te proe.
Goodhue (25), ’n senter wat sy buiging in 2017 vir die Kiwi’s gemaak het, het homself tot die WB-toernooi in 2023 kontraktueel verbind om vir die All Blacks, die Crusaders (op Superrugby-vlak) en Northland (op provinsiale vlak) uit te draf.
Hy sluit hom aan by ander All Blacks soos Sam Whitelock, Brodie Retallick, Patrick Tuipulotu, Scott Barrett, Beauden Barrett en Anton Lienert-Brown, wat besluit het om in die komende jare steeds hul rugby in hul geboorteland te speel.
Vir die All Blacks sal Goodhue, bekend vir sy mullet-haarstyl, se besluit goeie nuus wees. Nieu-Seeland, wat die vorige twee Wêreldbeker-toernooie in 2011 en 2015 gewen het, het in die halfeindstryd van 2019 s’n teen Engeland vasgeval. ’n Sakie wat die All Blacks graag in 2023 in Frankryk sal wil regstel.
Die Nieu-Seelanders se afrigter, Ian Foster, is verheug oor Goodhue se besluit en het daarop gewys dat die senter ook oor leierseienskappe beskik.
“Dit is fantastiese nuus dat Jack hom vir nog drie jaar aan Nieu-Seelandse rugby verbind het. Hy het ongelooflik gegroei as ’n speler sedert hy in 2017 deel van die groep geword het en beskik oor internasionale ervaring – iets wat hom in die toekoms handig te pas sal kom,” sê Foster volgens ’n verklaring van die Nieu-Seelandse Rugbyunie.
“Hy is ook ’n leier wat ontwikkel in die span en ek sien daarna uit na hoe sy invloed in die komende jare op en van die veld groei.”
– Netwerk24


FOTO
Jack Goodhue in aksie teen Namibië tydens die Wêreldbeker verlede jaar in Japan. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!