Google ‘diskrimineer teen konserwatiewe wit mans’
Die internetreus Google word deur twee voormalige werknemers daarvan beskuldig dat hy doelbewus diskrimineer teen “konserwatiewe wit mans”.
Petrus Malherbe - Twee mans, wat ’n groepsgeding teen Google aanhangig gemaak het, sê hulle verteenwoordig almal teen wie daar gediskrimineer word weens hul “waarneembaar konserwatiewe politieke sienings, manlike geslag en Kaukasiese ras”.
Dit kom nadat James Damore verlede jaar afgedank is weens ’n omstrede memorandum wat hy geskryf het. In die memorandum voer Damore aan dat “biologiese verskille” die rede is dat daar nie meer vroue in topposte in die tegnologiesektor is nie. Toe die memorandum uitlek, het dit ’n oproer in Silicon Valley veroorsaak en Damore is kort daarna afgedank.
Damore sleep nou die maatskappy hof toe saam met nog ’n voormalige Google-ingenieur, David Gudeman.
Google het intussen in ’n verklaring gesê hy “sien uit daarna om hom in die hof te verdedig”.
Volgens hofdokumente voer Damore en Gudeman aan dat die maatskappy nalaat om “veral wit mans” teen diskriminasie te beskerm en dat hulle geteister word weens hul politieke siening en ondersteuning van Amerika se president, Donald Trump.
Damore het ’n amptenaar van die Republikeinse Party as sy prokureur aangestel.
“Die mans en ander lede in die groepgeding is uitgedaag, verkleineer en gestraf weens hul heterodokse politieke sienings en weens die bykomende sonde dat die omstandighede van hul geboorte beteken hulle is wit mans,” lui die aansoek.
Daar word ook beweer dat Google ’n geheime lêer het met die name van konserwatiewe mediapersoonlikhede wat nie in die maatskappy se kantoor toegelaat word nie.
Die aansoekers vra ’n hofbevel dat Google sy diskriminerende gedrag teen konserwatiewe werknemers staak, asook vergoeding.
Sundar Pichai, Google se uitvoerende hoof, het kort ná Damore se afdanking gesê sy memorandum het Google se gedragskode oortree “en ’n lyn oorskry deur skadelike geslagstereotipes in die werkplek te bevorder”.
Gudeman is ook deur die maatskappy afgedank nadat hy in Desember 2016 in ’n konfrontasie met ’n Moslem-kollega betrokke was.
Albei mans meen hulle is onregverdig behandel en sê talle oudkollegas stem met hulle saam dat die maatskappy ’n toksiese werkomgewing skep.
Intussen word Google ook deur die Amerikaanse departement van arbeid ondersoek rakende gelyke betaling. – Netwerk24/Reuters/BBC/BuzzFeed

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie