Google in hof
Google in hof

Google in hof

Die tegnologiereus monitor steeds gebruikers se bewe­gings.
Google word in 'n nuwe regsgeding daarvan beskuldig dat hy miljoene iPhone- en Android-gebruikers se ligging naspoor, selfs al is die nodige verstellings gedoen met die versoek dat die tegnologiereus dit nie moet doen nie.

Volgens 'n klag wat laat verlede Vrydagmiddag ingedien is, verseker Google sy gebruikers verkeerdelik dat hulle nie nagespoor sal word nie indien die “Location History”-verstelling op hul toestelle afgeskakel word.

In stede daarvan monitor Google steeds gebruikers se bewegings, al is dié verstelling gedoen.

“Google meen 'n gebruiker kan die monitering van sy bewegings enige tyd afskakel sodat die plekke wat hy besoek, nie gestoor word nie. Dit is eenvoudig onwaar,” lui die klag wat by 'n federale hof in San Francisco ingedien is.

Die klaer, Napoleon Patacsil van San Diego, wil 'n groepsgeding instel namens Amerikaanse gebruikers van Android- en Apple-fone wat die nasporingsfunksie afgeskakel het, maar dan steeds dopgehou word.

Hy eis ook 'n ongespesifiseerde bedrag as skadevergoeding vir Google se beweerde en opsetlike oortreding van Kalifornië se wette oor privaatheid, sowel as vir die inmenging in mense se private sake.

Associated Press het ná 'n ondersoek op 13 Augustus 'n artikel gepubliseer wat bevestig dat Google steeds mense se ligging dophou, ten spyte van wat die verstelling op die foon wys.

Nie Google of Patacsil se regsverteenwoordiger het Maandag op 'n versoek om kommentaar gereageer nie.

Patacsil beweer Google het sy bewegings deur sy Android-foon op onwettige wyse nagespoor, en later ook op sy iPhone waarop hy verskeie Google-apps geïnstalleer het.

Hy sê dit is Google se “hoofdoel” om sy gebruikers te “monitor” en om derdepartye ook toe te laat om dit te doen.

 – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!