Google se virtuele platform 'n globale galery
Kunsliefhebbers én leke kan nou Maggie Loubser en J.H. Pierneef se werke en bekende artefakte soos Mapungubwe se goue renoster vanuit die gerief van hul huis besigtig.
’n Nuwe ooreenkoms tussen die Universiteit van Pretoria se museums (UP Museums) en Google Arts and Culture beteken meer as 700 kunswerke uit die museums se versameling is nou op dié virtuele platform beskikbaar.
Dr. Sian Tiley-Nel, hoof van UP Museums, sê dit is die eerste universiteitsmuseum in Suid-Afrika waarvan die versameling op dié platform gesien kan word.
Volgens Tiley-Nel moet ’n museum deur die Google Cultural Institute uitgenooi word om deel van die platform te wees.
“Toe die Covid-19-pandemie ons verlede jaar getref het, het dit UP Museums gedwing om tien maande te sluit. Ek het ’n e-pos aan die Google Cultural Institute gestuur in die hoop dat hulle ons sou kies, want daar was baie min universiteitsmuseums op die platform,” sê sy
“Ek het hulle genader omdat daar nie ’n beter platform as Google is nie. Meer as 3 000 museums is betrokke en die globale impak is beduidend. Hulle het baie in ons belanggestel omdat hulle in Afrika wil uitbrei.”
UP Museums het sedert Junie verlede jaar die kunswerke vir die stelsel begin gereed kry. Uiteindelik is vyf uitstallings en 724 kunswerke vroeër vandeesmaand beskikbaar gestel.
Tiley-Nel en haar span moes met die hand inligting oor elke kunswerk op ’n databasis laai. Die universiteit het toegesien dat die kunswerke professioneel gefotografeer word.
Deur by ’n wêreldwye platform aan te sluit, is ons buurland nou deel van die globale museumgemeenskap.
“Dit kos ons niks anders as ons tyd nie. Om ’n uitstalling te skep, neem omtrent ’n maand. Al die navorsing en besonderhede moet in ’n narratief omgesit word. Ons het nie mense wat die werk vir die platform voltyds doen nie,” sê sy.
“Maar dit is ’n wonderlike aanbieding. Hoe anders sal jy dié versamelings wêreldwyd beskikbaar kan stel?”
Die kunswerke kan ook op die Google Arts and Culture-app gesien word.
“Jy kan op jou rusbank sit en deur enige kunsversameling blaai; jy hoef nie na die Louvre-museum in Parys te reis nie. Dit is ook pret, daar is onder meer legkaarte en blokkiesraaisels. Jy hoef nie ’n kunsliefhebber te wees om die platform te geniet nie,” sê Tiley-Nel.
Volgens haar sal die versameling deurlopend aangevul word. Hulle hoop ook om later videomateriaal by te voeg.
Kunswerke van wêreldbekende kunstenaars soos Vincent van Gogh en Rembrandt is op dié platform te sien. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie