Google stamp Apple van sy troon af
Google stamp Apple van sy troon af

Google stamp Apple van sy troon af

Google het Apple onttroon as die wêreld se waardevolste handelsnaam.
Estelle de Bruyn
Google se handelsnaamwaarde het in 2016 met 24% tot US$109,4 miljard toegeneem, lui die jongste Brand Finance Global 500-verslag.

Daarteenoor het Apple, wat sedert 2012 die nommereen­posisie beklee het, se waarde van US$145,9 miljard tot US$107,1 miljard gedaal.

Google was laas in 2011 die waardevolste ­handelsnaam.

Volgens Brand Finance het Google in sy hoofonderneming, sy soekenjin, nie 'n gelyke nie en kry hy die meeste van sy advertensieinkomste uit dié ­afdeling.

Sy advertensieinkomste het in 2016 met 20% toegeneem te midde van meer innoverende maniere wat die maat­skappy inspan om geld uit gebruikers te maak.

Volgens David Haigh, uitvoerende hoof van Brand Finance, sukkel Apple om sy ­tegnologiese voordeel te behou en lewer nuwe weergawes van die iPhone dalende opbrengste, terwyl die Chinese mark 'n oorvloed van plaaslike ­mededingers het.

“Apple het vir menige jare nou al op geleende tyd geleef deur sy handelsnaamekwiteit wat hy opgebou het, uit te buit,” sê Haigh. “Dit onderstreep een van die vele voordele van 'n sterk handelsnaam, maar Apple het dit uiteindelik te ver gevat.” Brand Finance waardeer die handelsname van die wêreld se grootste maatskappye met 'n bepaalde metodologie, wat insluit om die handelsnaam se sterkte te bepaal.

Amerikaanse handelsname oorheers Brand Finance se lys. Slegs twee maatskappye in die toptien is nie van die VSA nie.

Samsung, in die sesde plek, is van Suid-Korea en ICBC, van China, is in die tiende plek.

Facebook het van die 17de plek in 2016 geklim en is nou in die negende plek met 'n handelsnaamwaarde van US$61,998 miljard.

Die magtigste handelsnaam Lego het sy status as die wêreld se magtigste handelsnaam herwin.

Die boublokke vir Lego se handelsnaamsterkte was nog altyd teenwoordig, sê Haigh, maar die uitreiking van die Lego Movie in 2014 was die finale stap om aan hom die nommereenposisie in 2015 te besorg. Hy het dié posisie in 2016 aan Disney afgestaan, maar het dit nou weer ­teruggekry. -Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!