Gooiers op hul stukke op Kroonstad

Vyf uit nege toetsoorwinnings teen die VSA en Suid-Afrika getuig van die Namibiese vernuf.
Andrew Poolman
Die Suid-Afrikaanse senior jukskeikampioenskap is vroeg vandeesmaand op Kroonstad aangebied, met Namibië wat deur ses spanne verteenwoordig is.

Op die eerste speeldag se dubbelspel het die Namibiërs hulle baie goed van hul taak gekwyt, naamlik die onder-30 vrouespan wat ’n goue medalje verower het (Julizma Alberts en Anelda Coetzee), asook die onder-30 mans met ’n silwer (Jurie Engelbrecht en Japie Dreyer).

Namibië is ook ingedeel saam met Noord-Kaap en Noordwes as ’n span vir die streekkompetisie. Verskeie spelers van Namibië is in die streekspanne gekies en het baie goeie spel gelewer.

Dit was ’n taai en moeilike toernooi en die kompetisie was baie sterk, maar weereens het Namibië gewys daar gaan nie bo-oor hulle geloop word nie. Goeie jukskei is gespeel deur die week en die sportmangees onder die spelers was uitmuntend.

In die Pikkie Uys afdeling het Namibië se senior vroue A2 derde in die afdeling geëindig – ’n baie goeie prestasie. Die veteraanmans eindig tweede in die plaatafdeling.

Die Donderdagoggend vroeg was die hoogtepunt van die week – die toetse tussen Namibië, Suid-Afrika en Amerika. Die Namibiërs was vlymskerp vir die toetse en het baie goeie jukskei gespeel om vyf uit die nege toetse teen SA en Amerika.

Die toets uitslae was soos volg:

Veteraanmans Namibië klop VSA 13-2.

Veteraanvroue Namibië klop RSA 8-7.

Onder 30 mans: Namibië klop RSA 8-7.

Onder 30 vroue: Namibië klop RSA 8-7

Veteraanmans: Namibië klop RSA 8-7.

Japie Dreyer en Michael Duvenhage ontvang die trofee as topspelers van die toetse teen RSA en VSA.

Namibië Jukskei wens die spelers met hul goeie vertonings geluk en bedank elkeen, spesifiek die borge soos die Namibiese Sportkommissie, wat tot die sukses van die toer bygedra het.

RSA KOM KUS TOE

Die 2017 Namibië jukskeikampioenskap begin op Maandag 1 Mei en duur tot Vrydag 5 Mei op Swakopmund.

Jukskei Suid-Afrika stuur tien spanne om aan die toernooi te kom deelneem. Die hoogtepunt is volgende Donderdag, wanneer topspel verwag word in die toetse tussen die twee buurlande. Die beste plaaslike juniors gaan ook in die onder 19 seuns- en meisiesafdelings en onder 16 seuns teen Suid-Afrika speel. Daar gaan ook in die onder 30 afdeling, veterane afdelings toetse gespeel word voor die laaste toetse in die senior mans- en senior vroue-afdelings.

Namibië Jukskei nooi graag die publiek om die spelers te kom ondersteun.

Vir enige belangstelling aangaande jukskei in die land kan Namibië Jukskei se webblad by www.jukskei-nam.com gerus besoek word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!