Gordhan dalk binnekort in hegtenis
Gordhan dalk binnekort in hegtenis

Gordhan dalk binnekort in hegtenis

Francoise Steynberg
Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Pravin Gordhan, word dalk binnekort in hegtenis geneem.
Dit kom nadat die Valke na bewering ’n dossier aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) oorhandig het oor Gordhan se betrokkenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se beweerde “rogue unit”.
Volgens dieSunday Times dring die Valke daarop aan dat Gordhan en agt ander weens spioenasie vervolg moet word nadat die “geheime eenheid” tydens Gordhan se tyd as hoof van die SAID na bewering op belastingbetalers gespioeneer het.
Bronne in die Valke en die NVG beweer die owerheid wag op die “politieke groen lig” voordat hulle die inhegtenisneming uitvoer, maar die NVG ontken dit.
Fin24 het berig Gordhan het in April gesê die SAID is wetlik verplig om strafregtelike ondersoeke uit te voer en daarvolgens op te tree.
Gordhan het gesê volgens inligting wat deur die SAID aan hom oorhandig is, is daar 1 599 ouditeure wat handhawingsondersoeke doen en 381 wat strafregtelike ondersoeke hanteer.
Gordhan het die Valke in Maart ingelig dat die eenheid ’n belangrike deel is van die SAID se toepassingstrategie “soos in die geval van die meeste belasting- en doeanedepartemente oor die wêreld heen”.
Die Valke en Gordhan is in ’n openbare geveg betrokke waarin sy kantoor net dae voor sy begrotingsrede ’n lys van vrae van die Valke ontvang het rakende dié eenheid in die SAID.
Na bewering stamp Gordhan en die huidige hoof van die SAID, Tom Moyane, ook kop.
In Maart het Max du Preez, rubriek­skrywer vir News24 en Netwerk24, onthul dat ’n dossier by die SAID se hoofkantoor “bewerings van korrupsie, bedrog, frontmaatskappye en buitelandse bankrekeninge teen prominente weldoeners van pres. Jacob Zuma” bevat.
Hierdie bewerings is die bevindinge van die sogenaamde “geheime eenheid” onder leiding van Gordhan.
- Netwerk24/News24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!