Gordhan, Nene skerts saam as ‘eks-ministers’
Pravin Gordhan en Nhlanhla Nene is nie op hul monde geval oor die feit hulle albei as minister van finansies in die pad gesteek is nie.
Pravin Gordhan en Nhlanhla Nene het Woensdagaand aan ’n paneelbespreking oor die onlangse gebeure by die ouditfirma KPMG deelgeneem.
Nene, wat vroeër vanjaar as waarnemende direkteur van die Sakeskool by Wits aangestel is, het homself aan die gehoor voorgestel as die “herwinde een”.
“Dikwels vind mens herwinde items het ’n baie beter gebruik in hul nuwe formaat as in hul eerste een,” het hy met verwysing na sy nuwe posisie geskerts.
Gordhan het op sy beurt “my mede-afgedankte minister van finansies” by die gesprek verwelkom.
Hy het Nene ook gevra wanneer hy vir almal gaan vertel hy as hoof van die “Brics-bank” gaan begin werk.
Pres. Jacob Zuma het in Desember 2015 dié rede gegee hoekom Nene skielik deur David van Rooyen as minister vervang is. Van Rooyen het net twee dae in die pos gedien voordat hy met Gordhan vervang is omdat die rand in duie gestort het.
Gordhan is in Maart vanjaar in die middernagtelike ure met Malusi Gigaba as minister van finansies vervang toe Zuma die kabinet geskommel het.
Oor die vraag oor hoe hulle aangespreek moes word, het Gordhan gesê hulle is definitief “eks-ministers” en nie “voormalige” ministers van finansies nie.
“Jy is net ’n ‘voormalige’ minister as jy nie afgedank is nie. Anders is jy definitief ’n ‘eks-minister’.”
Aan prof. Imraan Valodia, dekaan van die departement van handel, reg en bestuur by Wits, het Gordhan gesê hy is welkom om hom steeds as “minister” aan te spreek.
“Maar gebruik maar ’n kleinletter wanneer jy praat.”
Die ekonoom dr. Iraj Abedian sê ondanks die skertsery is hy oortuig Gordhan en Nene is die enigste twee ministers wat “weens en ná” hul afdanking baie meer deur Suid-Afrikaners gerespekteer word as wat enige ander minister gedurende hul termyn gerespekteer is. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie