Gordhan vra eensgesindheid

Gewone landsburgers raak keelvol daarvoor om op kantlyne geskuif te word – hetsy ekonomies of polities.
Estelle de Bruyn
Die wêreld word tans gedwing om sy groeimodelle te herbedink, het die Suid-Afrikaanse minister­ van finansies, Pravin Gordhan, gesê toe hy verduidelik het hoe geïsoleer die man op straat deesdae voel.

Hy was lid van 'n paneel by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos wat oor groeivooruitsigte in wêreldmarkte gepraat het.

“Dit sal wys wees om die volgende drie tot vyf jaar heelwat meer energie en hulpbronne te bestee om te kyk hoe inklusiewe groei moet lyk. Dis 'n wolk wat oor ons almal hang en die druk sal toeneem van verskillende lande se burgers om 'n tasbare afname in ongelykheid te sien,” sê Gordhan.

Hy het in elke spreekbeurt wat hy gekry het, beklemtoon dat die wêreld onderling verbind is en besluite wat in een land geneem word, 'n groot invloed op die res van die wêreld kan hê.

Só het hy met betrekking tot die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) se rentekoersbesluite in 2017 gesê hy glo lesse is geleer uit wêreldmarkte se kwaai reaksie in 2013 toe die Fed aangekondig het dat hy sy kwantitatiewe stimulus gaan inkort.

“Dit het ons geleer hoe ontluikende markte en die VSA verbind is en dat ontluikende markte ook 'n aansienlike bydrae tot die groei van die wêreld­ekonomie lewer.” Dié les het tot 'n “nuwe sensitiwiteit” by die Fed gelei soos wat daar besef is hoe sy besluite 'n impak ver buite die VSA se landsgrense kan hê.

Oor buitelandse skuld sê hy dat Suid-Afrika sy buitelandse skuld tot 10% van sy totale skuldlas beperk, dus sal die land nie soveel deur die negatiewe impak van Amerikaanse rente­koersverhogings getref word soos ander Afrikalande nie.

Hy stem saam met ander paneellede dat 2017 'n jaar van groot onsekerheid gaan wees en waarsku as wêreldleiers nie in samehang optree nie, gaan die uitdagings selfs moeiliker wees om te oorkom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!