Goût de France/Good France
Jacqueline Louw - Wat is dit omtrent die Franse? Hul aksente is altyd ’n bietjie meer “cool”, hulle wyne ’n bietjie meer genotvol en hul uitrustings ’n bietjie meer sjiek. Op 17 Maart is die tweede Goût de France/Good France-geleentheid wêreldwyd deur Franse sjefs aangebied en gaste kon eerstehands ervaar waarom Franse cuisine so spesiaal is.
Die Franse ambassadeur, me. Jacqueline Bassa-Mazzoni, het ‘n eksklusieve dinee by die Franse ambassade in Windhoek gehou om dié geleentheid te vier. Bekroonde Namibiese sjef Yannick Schweighardt is gekies om die spyskaart saam te stel en die feesmaal voor te berei.
Die Goût de France/Good France-viering is op die inisiatief van Alain Ducasse en die Franse ministerie van buitelandse sake en internasionale ontwikkeling gereël om die Franse leefstyl, streekprodukte en Frankryk as toeristebestemming te bevorder.
Gout de France/Good France is deur die beroemde sjef, Auguste Escoffier, geïnspireer wat in 1912 die Dîners d’Épicure in verskeie wêreldstede bekend gestel het.
Meer as 1 500 sjefs oral in die wêreld bring op dié dag hulde aan die uitnemendheid van Franse kookkuns deur ’n spesiale spyskaart van Franse geregte aan te bied.
Die gaste by die Franse ambassade in Windhoek het skemerkelkies en canapés geniet en daarna vir ’n onvergeetlike vyfgangmaal, heerlike Franse wyne en warm gasvryheid aangesit.
Die spyskaart vir die aand as die volgende:
Sjampanje en canapés
***
Haas ballotine met pistachioneute, haas rillette met geroosterde brioche en appelasyn vinaigrette
Mouton Cadet Blanc
***
Stokvis met basilie-pesto en tamatie-confit
Sancerre blanc Pierre Brévin
***
Springboklende in rooiwynsous, aartappel gratin en groentes
Bourgogne Santenay rouge
***
Macaron met Roquefort-mousse, peer in rooiwyn en neute
Gewürtztraminer Hugel
***
Appel tarte Tatin met karamelroomys
Crémant d’Alsace
***
Koffie en verskeie soorte tee
***
Digestifs
Hierdie spyskaart word tot 2 April by Restaurant La Bonne Table aangebied en kaartjies is by die restaurant beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie