Goud op sy hoogste vlak in 6 jaar
Die goudprys het vroeg Maandagoggend tot die hoogste vlak in meer as ses jaar gestyg.
Goud het vroegoggend teen $1 588,54 per fynons verhandel. Dit het teen 06:30 teruggesak tot $1 576,01 per fynons.
Bloomberg berig dié styging is omdat die edelmetaal weer as veilige beleggingshawe uiters gewild is.
Die Goldman Sachs-groep sê goud is ’n meer effektiewe verskansing as olie.
Dit volg nadat die regering van Iran gesê het hy gaan na die dood van genl. Qassem Soleimani, nie meer langer by enige beperkinge hou oor hoeveel uraan hy mag verryk nie.
Boonop het pres. Donald Trump van die VSA gesê hy is bereid om Iran “in ’n wyse wat buite verhouding is” aan te val, sou daar enige teenaanvalle teen Amerikaanse teikens wees.
Gavin Wendt, senior hulpbronontleder by MineLife in Sydney, sê in ’n e-pos aan Bloomberg dat goud 2020 “met ’n sterk momentum” afgeskop het.
Hy sê dat daar geen twyfel bestaan om in goud te belê wanneer die voortdurende onsekerheid ten opsigte van handelsonderhandelinge tussen die VSA en China, asook die veiligheidskwessies wat betref Iran, in ag geneem word nie.
Soleimani is Vrydag dood tydens ’n Amerikaanse lugaanval op Bagdad.
Reuters berig dat Trump die aanval goedgekeur het.
Iran het reeds belowe dat hy ’n teenaanval op die VSA gaan loods weens Soliemani se dood.
Jeffrey Currie en Damien Courvalin, twee ontleders, het aan Bloomberg gesê dat die geskiedenis wys dat goud weens dié situasie waarskynlik gaan aanhou styg.
Wendt sê as die moontlikheid dat die Federale Reserweraad binne die volgende ses maande die rentekoers gaan verhoog in berekening gebring word, wat op sy beurt dan sal keer dat die dollar teenoor ander geldeenhede sal verstewig, gaan die goudprys na alle waarskynlik aanhou styg.
Goud is nie die enigste hulpbron wat baat vind by dié verwikkeling nie.
Die prys van palladium het ook weens die onsekerheid gestyg.
“Soos goud, het die prys van palladium die afgelope twee weke geleidelik gestyg, en dit lyk asof die konflik tussen die VSA en Iran dit steun,” sê Sean MacLean, navorser by die valutahandelaar Pepperstone in Melbourne.
“Die vraag na palladium neem vinniger toe as die aanbod, en die langtermyntendens neem in elk geval toe,” sê hy.
Palladium het vroeg Maandagoggend teen $2 016,98 per ons verhandel.
– Saamgestel uit Bloomberg, Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie