Goudprys al 19% hoër vir 2019
Goud is besig om 2019 met ’n sterk lopie af te sluit, selfs al lyk dit asof beleggers ’n aptyt het vir riskante bates soos aandele. Daar is ook aanduidings dat wêreldwye makro-ekonomiese toestande in 2020 meer gunstig sal wees as vanjaar.
Die goudprys het Maandag vir die vyfde uit ses handelsdae gestyg en heelwat meer geld is belê in beursverhandelde produkte wat in goud belê.
Vir die volle 2019 tot dusver is die goudprys 19% hoër.
Benjamin Lu, ’n ontleder van Phillip Futures in Singapoer, sê die goudprys styg grootliks omdat die dollar verswak het. Die Federale Reserweraad (Fed) se aanduiding dat Amerikaanse rentekoerse onveranderd gaan bly, het die vooruitsig vir die dollar laat verswak en die aantrekkingskrag van goud laat styg.
Goud het drie weke agtermekaar hoër gesluit, terwyl ’n indeks van die dollar op koers is vir die grootste kwartaallikse daling sedert begin 2018.
Die Fed, wat rentekoerse in 2019 drie keer verlaag het, voorsien geen verdere verlaging in 2020 nie.
Goud het vroegoggend in Londen tot $1 515,87 per fynons gestyg, die hoogste sedert 1 November. In September het goud tot $1557,11 per fynons gestyg – die hoogste in meer as ses jaar.
Die Bloomberg-dollarindeks het tot die laagste vlak sedert Julie gedaal en het in die vierde kwartaal al 2,5% gedaal.
Die styging in die goudprys kom terwyl die handelsoorlog tussen die VSA en China aan die taan is, wêreldaandele op rekordvlakke verhandel, en ekonomiese vooruitsigte verbeter het.
Citigroup voorspel dat die goudprys in 2020 verder sal styg, maar Lu reken die prys sal daal juis omdat die handelspanning aan die taan is en beleggers se risiko-aptyt toeneem.
Wêreldwyd word 6,3 ton meer goud deur beursverhandelde fondse gekoop. Dié bates het vanjaar met 14% gestyg.
Silwer het vanjaar 16% duurder geword, platinum 20% en palladium 51%. – Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie