Goudprys op hoogste vlak in 14 maande
Hanlie Stadler
Die goudprys het Vrydag die hoogste vlak in 14 maande behaal toe dit deur US$1 350 per fynons gebreek het.
Dit kom te midde van geopolitieke spanning ná aanvalle op twee olietenkskepe in die Golf van Oman. Die VSA en Brittanje beskuldig Iran van dié aanvalle.
Kommer heers dat olie duurder kan raak.
Die goudprys is ook ondersteun deur die markverwagting dat die Federale Reserweraad van die VSA die VSA se rentekoers gaan verlaag. Stewige kleinhandelverkoopsyfers wat Vrydag uitgereik is, wys egter die Amerikaanse ekonomie het dalk nie hulp van laer rentekoerse nodig nie.
Die prys van goud vir onmiddellike lewering het in 'n stadium met 1,2% tot US$1 358,26 per fynons opgeskiet, maar teen 15:00 effens teruggesak tot US$1 349,92.
Die hoeveelheid goud wat in beursverhandelde fondse gehou word, het ook tot die hoogste vlak sedert einde Februarie gestyg.
Junie was 'n goeie maand vir goud te midde van onsekerheid oor die welstand van die wêreldekonomie, veral weens die voortslepende handelstwis tussen die VSA en China.
Rhona O'Connell van INTL FCStone verwag dat goud vanjaar US$1 400 per fynons gaan behaal en die verhandelaar Paul Tudor Jones reken selfs US$1 700 oor die volgende 24 maande is nie onmoontlik nie.
Georgette Boele van ABN Amro Bank waarsku egter dat die goudprys bloot gestyg het toe die dollar verswak het.
Die lopie is dalk reeds naby sy einde.
– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie