• Tuisblad
  • Sake
  • Goudprys val, markte rustig ná aanvalle in Europa
Goudprys val, markte rustig nu00e1 aanvalle in Europa
Goudprys val, markte rustig nu00e1 aanvalle in Europa

Goudprys val, markte rustig ná aanvalle in Europa

Jo-Mare Duddy Booysen
Vida Booysen - Die goudprys het gister geval toe dit begin blyk dat beleggers nie dié veilige hawe opgesoek het ná die terreur-voorvalle Maandagaand in Duitsland en Turkye nie.

Aandelemarkte in Europa is ook min geraak deur die voorvalle toe die Russies ambassadeur in Turkye in ’n kunsgalery in Ankara doodgeskiet is en ’n vragmotor in ’n skare vasgejaag het wat ’n Kersmark in Berlyn besoek het. Volgens die stad se polisie kan die voorval, waarin 12 mense dood is en 48 beseer is, as ’n terreurdaad beskou word. Dieselfde aand is drie mense ook in ’n moskee in Zürich, Switserland, in ’n skietery gewond.

Nadat internasionale aandelepryse gister aanvanklik gedaal het ná die onsekerheid wat die terreurnuus geskep het, het Europese aandeelpryse weer vinnig herstel en volgens Bloomberg het die Stoxx Europe 600-indeks tot sy hoogste vlak in ’n jaar gestyg nadat spanning oor die terreur-aanvalle begin wyk het.

Chinese aandele het egter tot hul laagste vlak in ses weke teruggetrek en goud het twee dae se stygings uitgewis.

Die goudprys het gister teen 12:00 sowat 0,25% laer op US$1 132,90 per fynons verhandel en in die VSA het die goudtermynmark 0,7% prysgegee en tot US$1 135,20 per fynons gedaal.

“Goud benodig tekens van ekonomiese onstabiliteit om te styg, maar dit is onwaarskynlik in die huidige omgewing van stygende aandelemarkte, sterker ekonomiese groei in Amerika en ’n stewiger dollar,” het Edward Neir, ontleder by INTL FCStone aan Reuters gesê.

In Japan het aandele ook hul verliese uitgewis en die jen het verswak nadat die Bank van Japan sy rentekoers-perk onveranderd gelaat het.

“Markte is tans oorverkoop want ons het reuse-stygings gesien sedert die verkiesing van Donald Trump,” het Shane Oliver, hoofstrateeg van AMP Capitol Investors aan Bloomberg gesê. Hy waarsku dat daar op die een of ander tydstip ’n regstelling sal volg.

“Die werklike kwessie is spanning tussen die VSA en China en natuurlik die kanse dat die eurosone kan verbrokkel, wat oor die volgende 12 maande duideliker sal word soos wat verkiesings in Europa gehou word.”

Die rand het gister steeds onder druk verkeer in reaksie op die hoër VSA-rentekoerse. Die geldeenheid het teen 12:00 sowat 0,5% swakker op R14,15 teen die Amerikaanse dollar verhandel. Dit volg op positiewe kommentaar wat Janet Yellen, voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) op die VSA se arbeidsmark gelewer het. Dié opmerkings het die verwagting vir verdere rentekoersverhogings volgende jaar in die VSA versterk.

Die JSE se indeks van alle aandele het teen 12:00 die vlak van 50 086 punte bereik, terwyl die Top 40-indeks sowat 0,44% sterker op 43 424 te staan gekom het.

Die goudindekswais 2,74% laer ná Maandag se sterk lopie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!