• Tuisblad
  • Sport
  • Goue Ernst: Dit word ál taaier om medaljes te wen
Goue Ernst: Dit word u00e1l taaier om medaljes te wen
Goue Ernst: Dit word u00e1l taaier om medaljes te wen

Goue Ernst: Dit word ál taaier om medaljes te wen

Atletiek
Tielman van Lill
George Germishuys

Suid-Afrika hoef nie bekommerd te wees oor die kleiner getal medaljes wat op vanjaar se Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro ingeoes is nie.
Dít is die mening van Ernst van Dyk, Suid-Afrikaanse Paralimpiese legende, wat self ’n goue medalje in Brasilië verower het. Hy het Netwerk24 op die Kaapstadse Internasionale Lughawe te woord gestaan.
Die Suid-Afrikaanse span het in totaal 17 medaljes gewen. Sewe hiervan was goud, ses silwer en vier brons.
Dit is aansienlik minder as die 29 wat Suid-Afrika vier jaar gelede in Londen verower het.
Suid-Afrika se medaljetotaal het sedert 2000 geleidelik begin afneem. In Sydney het Suid-Afrika 38 medaljes gewen, in 2004 in Athene 35 en 30 in 2008 in Beijing.
Van Dyk meen egter daar is nie rede tot kommer nie.
“Ek dink ons (Suid-Afrika) het goed gevaar. Dit raak al taaier en taaier om medaljes te wen,” het Van Dyk gesê.
“Dis ’n goeie prestasie om met sewe goue medaljes te kan wegstap. Daar is baie lande wat baie beter as ons is wat nie ’n enkele goue medalje kon wen nie.
“Dit bly taai om medaljes te wen.”
Van Dyk, wat komende Sondag reeds weer aan die Berlynse marathon deelneem, het ook gesê hy is tevrede met sy eie vertonings op vanjaar se Spele.
“Ek is net baie bly om by die huis te wees.
“Dit (die Spele) was baie lank. Brasilië was uniek, hulle het hul eie flair aan die Spele verleen. Dit was my sewende Spele en een van my lekkerstes.”

INTENS
Reinhardt Hamman, wat goud in sy spiesgooi-kategorie verower het, het sy goue Paralimpiese ervaring as “intens” beskryf.
“Al die hare op my liggaam het regop gestaan. Dit was byna magies,” het Hamman gesê. “Die manier hoe die Brasiliane ons aanvaar het, sal my bybly. Hulle het ons as deel van hulle beskou.
“Die ondersteuning was ongelooflik. Van die eerste tot die laaste plek. Brasilië is ’n baie spesiale plek.”
Charl du Toit, wat twee goues ingepalm het, het die verwelkoming in Kaapstad as “ongelooflik” beskryf.
“Ek het regtig nie verwag dat so baie mense gaan opdaag nie. Dis nogal oorweldigend. Ek het nie in my wildste drome gedink ons gaan hierdie tipe ondersteuning kry nie. ’n Mens is bitter dankbaar.”
Anroux Marais, die Wes-Kaapse minister van sport en kultuursake, het die atlete ook terug verwelkom. “Ons is so bly julle is terug. Julle het ons so trots gemaak.” - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!