Goue Gerda hardloop blitsige 10 km in Doebai
Padwedlope
Sarel van der Walt
Gerda Steyn, die Comrades- en Twee Oseane-kampioen, het Vrydag in Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate haar vinnigste tienkilometer-wedloop tot nog toe gehardloop.
Die 29-jarige Steyn het haar derde agtereenvolgende oorwinning in die padwedloop met ’n haastige tyd van 32 minute en 24 sekondes daar behaal.
Sy het haar vorige beste tyd van 33:05 in September verlede jaar in Middlesborough, Engeland, opgestel.
Steyn, wat in November verlede jaar in die New York-marathon slegs die vyfde Suid-Afrikaanse vrou geword het wat ’n marathon in vinniger as 2:30 kon hardloop, se 2:27:48 in dié wedloop het haar vir die marathon by vanjaar se Olimpiese Spele in Japan laat kwalifiseer.
Die Spele-marathon sal nou haar fokus vir die jaar wees.
“Ek is baie tevrede met my uitslag. Dit was nou my derde oorwinning op ’n ry, maar dié een was baie spesiaal,” het Steyn gesê.
Sy het uit Doebai aan Netwerk 24 gesê dit was bewolk en lekker weer om in te hardloop.
Nick Bester, die voormalige Comrades-kampioen wat Steyn afrig, sê hy het voor Vrydag se wedloop vir Steyn gesê hy voorspel op grond van haar tye in oefeninge ’n tyd van 32:54.
“Toe verras sy my met ’n 32:24,” vertel Bester.
Colleen de Reuck wat die SA marathonrekordhouer is met ’n tyd van 2:26:35 (Berlyn, 1996), se vinnigste tienkilometer-tyd was 31:48.
Bester sê Steyn sal op 10 April aan die Twee Oseane-wedloop oor 56 km in die Kaapse Skiereiland deelneem, maar sal waarskynlik nie op 9 Junie vir haar geliefde Comrades kan aantree nie.
Steyn, wat Saterdag terugkeer Suid-Afrika toe, sê sy “hou ook maar nog alles dop, want dit sal ’n baie moeilike besluit wees om nie Comrades te hardloop nie”.
“Ek sal graag albei (die Spele en die Comrades) wil doen, maar ek verstaan dit sal dalk nie so kan uitwerk nie.”
Die Nedbank-atleet hoop ook om aan die einde van Maart aan die Wêreld-halfmarathonkampioenskap in Pole deel te neem.
“Daar is genoeg tyd vir haar om ná die Twee Oseane te herstel voor die Spele,” sê Bester.
Die Olimpiese marathon vir vroue sal op 8 Augustus in Sapporo, sowat 800 km noord van Tokio, gehardloop word. Die marathon- en stapwedlope is na Sapporo verskuif omdat dit daar koeler as in Tokio is, waar die hitte en humiditeit vir ondraaglike toestande in die somer kan sorg.
“Haar vaart het al baie verbeter, maar ons gaan nog baie spoedwerk voor die Spele doen,” sê Bester. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie