Goue handdrukke ku00f3s die land
Goue handdrukke ku00f3s die land

Goue handdrukke kós die land

Ronelle Rademeyer
Die Namibiese belastingbetaler moes die afgelope vier of wat jaar meer as N$20 miljoen aan skikkingspakkette vir geskorste uitvoerende hoofde van staatsondernemings opdok.

Dit sluit in Air Namibia se voormalige besturende direkteur, me. Theo Namases, TransNamib se gewese hoof uitvoerende beampte, me. Sara Katiti (eggenote van die pas afgedankte mnr. Augustinus Katiti), die Opleidingsowerheid se grootbaas, me. Maria Nangolo-Rukoro, Meatco se voormalige hoof, adv. Vekuii Rukoro, die voormalige finansiële bestuurder van die Toerismeraad, me. Ndapewa Kankondi, asook mnr. Albertus Aochamub, ná hy net enkele maande as hoof van die Lughawensmaatskappy waargeneem het.

Hierdie bedrag sluit nie die N$3 miljoen in wat volgens berigte aan (Augustinus) Katiti uitbetaal moet word nadat hy Vrydag as uitvoerende hoof van die Nasionale Instituut vir Patologie (NIP) afgedank is.

Tel die N$4,2 miljoen by wat glo deur TransNamib aan Sara Katiti (née Naanda) uitbetaal is, en daar is niks “katiti” aan die gesamentlike skikkingsbedrae wat na hul huishouding gevloei het nie.

Die regering moet oor hierdie miljoene wat bestee is om van probleembase ontslae te raak, aan die belastingbetalers verantwoording doen.

Dit is immers hy, as die aandeelhouer van staatsondernemings, wat moet verduidelik waarom sy rade nie seker maak hulle stel bevoegde, verantwoordelike mense in hierdie belangrike bestuursposte aan nie.

Die regering is uiteindelik die een wat moet toesien dat elkeen van sy nagenoeg 90 staatsondernemings aan al die aspekte van goeie korporatiewe bestuur onderwerp word.

Die skoolgeld wat Namibië weens hierdie bestuursfoute betaal, het hom op sy knieë.



SO SÊ ANDER

Beeld en Volksblad, 3 September 2018

Metrogebiede moet politiek los en diens lewer

Dit is met bykans magtelose frustrasie dat Suid-Afrikaners moet toekyk hoe politieke manewales in die plaaslike regerings van sleutelmetrogebiede soos Kaapstad, Nelson Mandelabaai, Tshwane, Johannesburg – en as erge wanadministrasie in ag geneem word, ook Mangaung – afspeel.

Die regerings beheer begrotings van miljarde rande en is verantwoordelik vir dienslewering aan en veral huisvesting vir miljoene Suid-Afrikaners wat steeds in groeiende getalle na stede stroom.

Elke vergadering wat hulle hou, behoort sterk gefokus te wees op die optimale benutting van bronne om die beste moontlike dienste aan veral armes te lewer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!