Goue noordstrand bly by stadsraad
SWAKOPMUND se noordstrand sal deur die munisipaliteit self ontwikkel word. Nie ‘n sentimeter van die kosbare grond sal aan private ontwikkelaars uitgegee word nie. Dit kan wel gebeur dat private instansies gevra gaan word om van die geriewe namens die munisipaliteit te bestuur. Die versekering is onomwonde deur die stadsklerk van Swakopmund, mnr. Eckart Demasius, op ‘n raadplegende vergadering tussen die munisipaliteit en die publiek in die stadsaal gegee.
Die voorgestelde ontwikkeling deur die munisipaliteit gaan oor die gebied tussen die bestaande waterkantontwikkeling en die jukskeibane. Die kosbare stuk kusgrond was in die verlede ook in die gedrang toe ‘n private instansie ‘n gholfbaan daar wou ontwikkel. Dit is ‘n groot oop spasie wat glad nie of net gedeeltelik benut word. Van die ontwikkeling wat tydens ‘n ligbeeldvertoning voorgestel is, is ‘n fiksheidsentrum, ‘n minigholfbaan, ‘n gebied vir strandsport, ‘n amfiteater, ‘n ontspanningsgebied en ‘n piekniekplek.
Oorspronklik in die voorstelle is die aanwending van palmtakke vir van die konstruksies. Dit word reeds by ander plekke op Swakopmund goed gebruik. Die palmtakke sal vir dakke en skerms gebruik word. Plekke vir ‘n kroeg, ‘n snoepwinkel en vir optredes deur kunstenaars word voorgestel. Op ‘n roete deur die noordstrandontwikkeling sal daar toerusting vir fiksheidsgeesdriftiges wees. ‘n Groen strook sal vir drawwers beskikbaar wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie