Graad 10's deel hul wenresepte
Vyf uit die toptien leerlinge kom vanaf Oshikoto, drie vanaf Kavango-Oos en een elk uit Oshana en Omusati.
Die toppresteerders in graad 10 vertel hoe hulle presteer het en deel hul wyshede met volgende jaar se graad 10-leerlinge.
1. Tangi Nakapela van Rev. Juuso Shikongo Senior Sekondêre Skool
Hy skryf sy sukses toe aan sy goeie onderwysers en skoolhoof. "Ek het my studies baie ernstig opgeneem. Ek het saam met my vriende studeer en ons het mekaar baie gehelp." Sy raad is om nie te hard te leer nie, maar slim te leer.
2. Jason Shipanga van Oshigambo Hoërskool
"Bly positief, werk hard en moenie opgee op doelwitte wat jy vir jouself gestel het nie," is Jason se boodskap. Sy sukses is te danke aan toewyding, wilskrag en die begeerte om met vlieënde vaandels te slaag.
3. Otto Ya-Apisay van Oshigambo Hoërskool
Apisay skryf sy sukses toe aan God en sy ouers wat hom altyd gemotiveer het. "My boodskap aan volgende jaar se graad 10's is om die geleentheid aan te gryp om hul potensiaal te ontgin, berei voor vir eksamens en glo in jouself."
4. Raul Coetzee van Rukunga Visionskool
Selfdissipline en harde werk is Raul se wagwoorde. Hy sê sy skoolwerk was sy eerste prioriteit en sy langtermyn doel is om eendag vir sy familie 'n beter lewe te voorsien. "Wees oopkop en betyds, stel doelwitte vir jouself en werk hard. Span saam met God want hy alleen kan jou sterkte, krag en wysheid gee," is sy boodskap.
5. Paulina Hambata van Charles Anderson Gekombineerde Skool
"Moenie dat buitemuurse aktiwiteite jou tyd mors nie en kry jou prioriteite reg. Studeer ná lesse en soek hulp indien nodig." Dit is die boodskap van Paulina wat haar sukses toeskryf aan goeie voorbereiding, toewyding aan haar studies en vanaf dag een studeer.
6. Johannes Shindombe van Nengunbo Senior Sekondêre Skool
"Ek skryf my triomf toe aan vrees en geloof. Ek was regtig bang om nie 42 punte te behaal nie. Ek het myself toegewy om hierdie punte te behaal en vertrou dat God aan my kant is." Sy boodskap aan graad 10-leerlinge van 2017 is "maak nie saak hoeveel keer jy val nie, tel jouself altyd op en maak vrees jou vriend".
7. Makaveli Itope van Oshigambo Hoërskool
"Ek het baie hard gewerk om vandag onder die toptien te wees. Ek het dit verwag, maar dit is steeds 'n groot verrassing," het Makaveli gister by die prysuitdeling gesê. Hy is dankbaar teenoor sy skool en onderwysers wat hom baie ondersteun het.
8. Toti Junias van Oshigambo Hoërskool
Die sleutel van Toti se sukses is harde werk. Sy sê sy beplan haar studies en haar ouers is baie ondersteunend. "Ek laat nie toe dat vriende my laat wegdwaal van my studieskedule nie. Enige iemand kan 'n uitstekende leerling wees, maar dit kom eerstens van binne jouself en dan sal goeie onderwysers jou begeerte om suksesvol te wees, lei."
9. 9. Ndeshipanda Shilongo van St. Boniface College
"Moenie jouself ooreis nie, maar moet ook nie tot die laaste minuut wag om vir eksamens voor te berei nie," is Ndeshipanda se raad. Sy skryf haar "oorwinning toe aan my ouers en onderwysers".
10. Indila Hafeni van Rukunga Visionskool
Hy skryf sy sukses toe aan God en harde werk. "Jy moet voorberei om die nodige opofferinge te maak soos om jou vriende af te skeep," is sy boodskap. "Moenie tot op die nippertjie wag om vir jou eksamens voor te berei nie."
1

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie