Graad 10's woeker vir hokkiestokke
Die ywerige spannetjie het genoeg kontant oor gehad om N$2 000 aan afrigter Erwin Handura te oorhandig.
Tielman van Lill
Vyf leerlinge van Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) het onlangs harte warm laat klop toe hulle toerusting aan Erwin Handura se Hockey School of Excellence oorhandig het.
Die vrygewige viertal is Lizelle Steenkamp, Susanne du Toit, Ruda Schoeman, Tara Myburgh en Charlize Rix.
Die graad 10's van Affies word in groepe verdeel om aan 'n projek te werk waarby minder gegoede gemeenskappe kan baat. Dié vyf meisies het in Republikein van 26 Januarie van Handura se hokkieskool gelees en besluit dit is waar hulle wil help.
Die jong dames sê hulle wou graag minder gegoede kinders help om ook hokkie te kan speel en het besluit om geld asook toerusting in te samel. Sommer gou was dit skouer aan die wiel toe hulle gevestigde hokkiespelers vir enige ongebruikte toerusting genader het. Selfs koekies is gebak en verkoop om geld in te samel.
Handura het hulle ook by een van sy afrigtingsklinieke bygestaan waar hulle die kinders die fynere kunsies van dié spel geleer het.
Die vyftal was só suksesvol met hul projek dat hulle 20 pare beenskutte en hokkiestokke aan Handura kon oorhandig en byna ewe veel tweedehandse toerusting is geskenk. Die afrigtingskliniek waarmee hulle Handura by Eros Laerskool gehelp het, was ewe suksesvol en was volgens hulle vet pret.
Handura, 'n passievolle en gewese Namibiese hokkiespeler en -afrigter sedert 1996, is tans die afrigter van die land se gedugte senior nasionale vrouespan.
Hy het sportwetenskap met hokkie as hoofvak aan die Universiteit van Victoria in Kanada gestudeer en was ná sy terugkeer as ontwikkelingsbeampte aan die stuur van sake om die sport in landelike gebiede bekend te stel. Hy is ook 'n sentrale figuur in Unam se hokkiesukses van die afgelope jare.
Hy bied gereeld klinieke in Katutura en Khomasdal aan en sorg dat die kinders in 'n spesiale liga kans kry om hul nuut gevonde vernuf ten toon te stel. Hy rig twee keer per week by Laerskool Eros af, wat maar net een van sy vele projekte is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie