Graanlorrie slaan in Avis om, versper lughawepad
'n Vragmotor wat graan vervoer, het vanoggend (Sondag) in Avis omgeslaan toe die remme onklaar geraak en die bestuurder klaarblyklik beheer oor die vragmotor verloor het.
Die vragmotor lê tans op sy sy skuins oor die pad en graan lê oor die pad gestrooi. Dit is gebeur naby die draai waar die lughawepad by Sam Nujomarylaan aansluit.
Een van die twee passasiers in die lorrie is beseer en moes per ambulans na 'n hospitaal vervoer word.
Die opruimingswerk gaan tyd neem, wat beteken dié roete uit die stad is versper.
Foto's: Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie