Grace glo bereid om te moor vir pos
Grace glo bereid om te moor vir pos

Grace glo bereid om te moor vir pos

Die voormalige leier van die Zanu-PF se vroueliga het onthul hoe sy vir haar lewe gevrees het.
Grace Mugabe, voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, was glo bereid om te moor in haar pogings om die magtige toppos in die vroueliga van die regerende Zanu-PF te beklee.

Oppah Muchinguri, voormalige leier van die vroueliga, het op 'n vergadering van die Zanu-PF onthul hoe Grace Mugabe “boewe” gebruik het om van haar ontslae te raak.

Volgens New Zimbabwe het Munchinguri op 'n vergadering van Zanu-PF se provinsiale koördineringskomitee in Mutare gesê dat sy dié pos prysgegee het nadat sy begin vrees het vir haar lewe.

“Laat ek julle iets vertel waarvan julle as Zanu-PF-ondersteuners nie bewus was nie. Ek is gedwing om my pos as sekretaris van die vroueliga prys te gee nadat Grace mujibas genaamd Pupurai Togarepi en die wyle Shuvai Mahofa gebruik het om my te agtervolg.

“Ek het my man gestaan, maar toe huur sy Mavis Madzongwe en ek het besef ek gaan doodgemaak word.”

Muchinguri meen ook dat oudpres. Robert Mugabe, wat verlede week uit die kussings gelig is, vir sy eie ondergang verantwoordelik was omdat hy toegelaat het dat sy vrou by die politiek betrokke raak en regeringsbesluite oorneem, berig The Herald.

Sy sê die veteraanleier se val moet 'n les wees vir party- en regeringsleiers om nie hul eggenote by politiek te betrek nie.

“Ek het van my pos afstand gedoen omdat die druk net te veel was en min het ons geweet dat ons probleme vir die party veroorsaak het.

“Dit was 'n berekende plan deur die G40 (Generation 40), omdat hulle geweet het as Grace Mugabe deel word van hul drama, dit maklik sal wees om met kameraad Mugabe klaar te speel weens sy gevorderde ouderdom.”

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!