Grace: 'Hiervan het ek lank gedroom'
Gholf
Marizanne Kok - In 'n 2019 waarvan hy eerder wil vergeet, het Branden Grace 'n huis gebou, gewoond geraak aan die eise van die doekdraertjie in sy huishouding, kommer in sy hart gehad nadat sy pa 'n hartaanval gehad het – en aan sy bas gevoel wat gebeur wanneer sy gholf moet tweede (of derde, of vierde) viool speel.
Sondagmiddag in Randburg kon hy egter die boek op die treurmare van verlede jaar toemaak, toe hy die Suid-Afrikaanse Ope – 'n titel waarvan hy al baie jare droom – op merkwaardige wyse gewen het.
Alles wat hom in 2019 gehinder het, is nou in die verlede, het Grace gesê. En in sy hede was daar Sondag net vreugde.
“Dit is die een toernooi in Suid-Afrika wat ek nog nie kon wen nie en wat ek vir baie jare met my hele hart wou hê,” het hy met 'n breë glimlag gesê.
“Dit beteken ongelooflik baie om dit uiteindelik te wen en nou vir die eerste keer foto's van my seuntjie (Roger word in April twee) by 'n trofee kan neem.”
Grace het Sondag die negende keer in die Europese reeks gewen en het nou ewe veel titels as sy goeie vriend Louis Oosthuizen, wat Sondag met die tweede plek tevrede moes wees.
Titel nr. 9 het egter in 'n stadium verlede jaar vreeslik ver gevoel, terwyl hy op die wêreldranglys getuimel het. Waar hy in 2015 en 2016 deurgaans in die top-20 was, het Grace by Randpark aangekom as die wêreld se nr. 127 – veel laer as wat hy ooit wil wees.
“Verlede jaar was daar 'n klompie goed wat my aandag afgetrek het, so ek sal nie sê daar was tekortkominge in my gholf self nie.
“Ek kon eerder nie die middeweg tussen my persoonlike lewe en gholf vind nie.
“Maar dit het gebrand om nie in die majors te speel en die ander dinge waaraan ek gewoond geraak het nie.
“Gewoonlik kom 'n mens dié tyd van die jaar by 'n toernooi aan en jy's half verroes, want dit was lekker vakansie, maar hierdie keer het ek die tyd af gebruik om so hard as wat ek kon te werk en myself gereed te kry vir vandeesweek. En kyk nou net wat het gebeur.”
Daarby was Grace ook hoogs in sy noppies dat hy as wenner vir vanjaar se Britse Ope gekwalifiseer het. “Nou kan ek darem sê ek is terug in een van die majors,” het hy gesê.
Die Suid-Kapenaar se posisie op die wêreldranglys het gister ook 'n stewige hupstoot gekry, vanaf 129ste tot 73ste.
Oosthuizen, wat die laaste ronde as voorloper afgeslaan het en sterk op koers was om sy titel suksesvol te verdedig, beklee danksy sy tweede plek nou sy beste posisie op die ranglys sedert Mei 2017. Hy is nou die wêreld se nommer 18. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie